01.05.2013 Views

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

28

versnelling veral plaasvind tussen die ouderdomme van 12 en 15 jaar. Volgens

Bender (2000: 41) kan die adolessent se lusteloosheid, moegheid en onvermoë om

verantwoordelikheid tuis en by die skool te aanvaar, ook verduidelik word as simptome

van 'n vinnige groeitempo en liggaamsveranderinge.

By meisies begin die groeiversnelling tussen sewe- en 12-jarige ouderdom. Indien die

groeiversnelling by ‘n 10-en-‘n-half-jarige begin, bereik dit ‘n top groeiversnelling teen

12-jarige ouderdom, terwyl die groeiproses verstadig vanaf 13-jarige ouderdom

(vergelyk Shaffer 1993: 176 en Gouws et al 2004: 13).

Adolessente-seuns het ‘n twee tot drie jaar agterstand teenoor meisies. Hul tipiese

“groeiversnelling” begin eers teen om en by 13 jaar, bereik sy piek op 14 jaar en keer

dan terug na ‘n matige groeitempo teen 16-jarige ouderdom (Gouws et al 2004: 13).

Shaffer (1993: 176) kom tot die gevolgtrekking dat dit algemeen voorkom dat die

langste twee of drie leerlinge in ‘n laerskoolklas gewoonlik meisies is, wat toegeskryf

kan word aan die feit dat meisies vinniger groei as seuns. Bo en behalwe die feit dat

die adolessent groter en swaarder word, neem die liggaam ook ‘n meer volwasse beeld

aan tydens die groeiversnelling (Shaffer 1993: 176). Volgens Shaffer (1993: 176) is die

mees sigbare verandering by meisies die verbreding van die heupe en by seuns die

verbreding van die skouers. Gesigskenmerke neem meer volwasse proporsies aan by

seuns; die voorhoof verbreed, die neus en kakebeen word meer prominent en die lippe

vergroot. Die sagte onskuldige voorkoms wat geassosieer word met “kindwees”

verdwyn. Omdat die groeiversnelling vroeër by meisies plaasvind as by seuns, is daar

‘n kort periode waartydens die gemiddelde meisie ‘n groter spiermassa het as seuns in

dieselfde ouderdomsgroep (Shaffer 1993: 176).

Beunen, Malina, Van’t Hof, Simons, Ostyn, Renson en Van Gerven (1988: 1) stem

saam met die vorige skrywers wat gestipuleer het dat adolessensie ‘n belangrike

tydperk tussen kindwees en volwassenheid is. Biologies word adolessensie beskou

binne die konteks van fisieke groei en seksuele volwassenheid, en dus as die begin

van die versnelling van die groeifase voordat seksuele rypheid bereik word. Na

adolessensie vind ‘n afname in groeiversnelling plaas, wat weer lei tot ‘n afname in die

tempo van fisieke groei.

Adolessente bereik ook puberteit, wat afgelei word van die Latynse woord, “pubertas”,

wat harig beteken. Dit is die stadium waartydens ‘n persoon seksuele volwassenheid

bereik en die vermoë ontwikkel om kinders te verwek.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!