01.05.2013 Views

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

8

• Selfbeheersing: impliseer dat die persoon van sy/haar gedagtes en

gevoelens bewus word en doelbewus sal kies hoe hy/sy in 'n situasie of

verhouding wil optree.

• Selfhandhawing: is die balans tussen selfrespek en respek vir ander. Dit is

die wyse waarop die persoon sy/haar eie persoonlike regte opeis sonder om

‘n ander persoon se regte te skend.

Volgens Van der Westhuizen (1986: 192-204) is hierdie 11 boustene interafhanklik van

mekaar en kan dus ook dien as strategieë tot die bevordering van die selfaktualisering

van die individu.

Clark, Clemens en Bean (1990: 33) identifiseer die volgende vier voorwaardes vir die

ontwikkeling van 'n positiewe selfbeeld:

• Modelle: Menslike rolmodelle soos ouers, onderwysers of afrigters voorsien die

adolessent van voorbeelde om betekenisvolle waardes, ideale, persoonlike

standaarde en 'n lewensdoel te ontwikkel.

• Uniekheid: Die adolessent ondervind dat hy/sy oor spesiale kwaliteite en

eienskappe beskik wat van hom/haar 'n spesiale persoon maak en waardeur

hy/sy respek en goedkeuring van andere ontvang.

• Verbondenheid: Hy/sy ondervind 'n gevoel van verbondenheid wanneer hy/sy

bevrediging put uit 'n verbintenis met ander persone wat vir hom/haar belangrik

is.

• Potensiaal: Die adolessent beskik oor 'n gevoel dat hy/sy oor bronne,

geleenthede en vermoëns beskik om die omstandighede van sy/haar lewe te

beïnvloed.

Verskeie agente kan 'n invloed uitoefen op die vorming van die mens se selfbeeld.

Een van hierdie agente waardeur die adolessent kan leer om sy/haar selfbeeld te bou

en eiewaarde te verhoog, is sport. Hill (2001: 122) sluit hierby aan deur sport te

verklaar as:“…a tool for affecting many aspects of self-development and selfactualization”.

Gill (1986: 37) onderskryf die voorafgaande stelling en postuleer dat

oefenprogramme nie die mens se persoonlikheid beïnvloed nie, maar dat oefeninge

wat die fiksheidsvlakke van die persoon verhoog 'n positiewe effek mag hê op sy/haar

buie, selfbeeld en geestesgesondheid. Daar is ook bewys dat verhoogde fiksheid en

gepaardgaande veranderings in die liggaam 'n positiewe effek kan hê op die selfbeeld,

en veral by deelnemers wat 'n lae selfbeeld voor die aanvang van die program gehad

het. Volgens Le Unes en Nation (1996: 182) is bevind dat veral wanneer positiewe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!