01.05.2013 Views

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

26

• Die bereiking van ekonomiese onafhanklikheid.

• Die voorbereiding vir ‘n huwelik en gesinslewe.

In aansluiting by die bogenoemde ontwikkelingstake van Hurlock (1968: 15),

identifiseer Lindroth (1981: 12) ook die onderstaande ontwikkelingstake wat tydens

adolessensie aandag behoort te geniet:

• Die ontwikkeling van ‘n realistiese selfbeeld: Adolessente behoort ‘n gesonde

realistiese persepsie van hulself te hê, en betekenisvolle persone behoort hulle

daarom behulpsaam te wees met die identifisering van talente. Dit is verder

belangrik dat adolessente deur hul ouers/betekenisvolle persone gehelp word

om ‘n balans te ontwikkel tussen ‘n gebrek aan selfvertroue en ‘n

meerderwaardige of egosentriese houding.

• Die ontwikkeling van deursettingsvermoë: Deursettingsvermoë is volgens die

genoemde skrywers die adolessent se sleutel tot toekomstige sukses. ‘n

Belangrike mylpaal gedurende adolessensie is om te leer om ten spyte van

mislukkings te volhard en weer te probeer.

• Die ontwikkeling van die vermoë tot selfopenbaring: ‘n Adolessent moet in

staat wees om andere te verstaan en onbaatsugtig op te tree. Slegs dan kan ‘n

adolessent die waarde van betekenisvolle verhoudings beleef.

• Die ontwikkeling van die vermoë tot besluitneming: Die adolessent moet die

besluitnemingsproses aanleer sodat hy/sy ‘n situasie kan beoordeel en die

voor- en nadele teen mekaar kan opweeg ten einde ‘n realistiese besluit te kan

neem.

• Die ontwikkeling van die vermoë tot die belewing van lewensgenot:

Adolessente behoort die vaardigheid te ontwikkel om hulself uit te leef en genot

te vind in selfs klein of alledaagse gebeure.

• Die ontwikkeling van ‘n sin vir realiteit: ‘n Realistiese uitkyk op die lewe behoort

ontwikkel te word ten einde onregverdigheid en verlies te hanteer. ‘n

Liefdevolle omgewing kan meehelp dat pyn en verlies minder traumaties is en

die adolessent dit meer effektief hanteer. Die ontwikkeling van realistiese

lewensverwagtings is ook ‘n belangrike lewenswaarheid wat aangeleer moet

word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!