02.05.2013 Views

Casidra - Afrikaans

Casidra - Afrikaans

Casidra - Afrikaans

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

9

BEMAGTIGING VAN GEMEENSKAPSPLASE

Casidra het hoëvlak ondersteuning gelewer aan twee

Gemeenskapsplase, naamlik Nelspoort (noord van Beaufort-

Wes) en Jackalskraal (naby Kranshoek/Plettenbergbaai).

Casidra het begin om Jackalskraal te bestuur en ontwikkel in

1989 met die doel om dit aan die Gemeenskap van die

nabygeleë dorp van Kranshoek oor te dra. In April 2001 is die

plaas vanaf die Staat na die Trust oorgedra. Die Trust het

Casidra as Bestuursagent aangestel. Hierdie tydperk is later

verleng na 15 Mei 2010, maar Casidra se betrokkenheid

het verander na 'n ondersteunende, raadgewende en

mentorskap rol.

Casidra het 'n strategiese besluit geneem om sekere projekte

uit te faseer ten einde op nuwe projekte te fokus. Jackalskraal

is as sodanige projek uitgewys. Die finale uittree en

bemagtigingstappe is saam met die Trust bepaal en word

geïmplementeer om die plaas se sukses te verseker na

Casidra se onttrekking. Daar is ooreengekom dat een van

Casidra se werknemers as Trustee sal aanbly tot ten minste

die einde van 2010.

Die Vuyani Ontwikkelingstrust is verantwoordelik vir die

Nelspoortplaas met Casidra in die finale stadia van hulle

ondersteuningsrol as bemagtigingsagent. Casidra het ook

OLOP-fondse vanaf die Departement van Landbou bestuur

en geïmplementeer. Hierdie fondse was in September 2009

uitgeput aan die einde van Casidra se kontrak. Heelwat

rente is verdien op die OLOP-fondse en die Departement het

aangedui dat dit deur Casidra bestuur moet word. 'n

Verlengde tydperk (tot einde Maart 2010) is versoek om die

rente te spandeer. Die Trust het besluit dat die rente gebruik

moet word om 'n plaaswinkel te bou waar plaas- en

gemeenskapsprodukte verkoop kan word. Die winkel is ook

beplan vir toeriste wat deur Nelspoort reis.

ONDERSTEUNING VAN LANDBOU EN

LANDBOU-NYWERHEIDSONDERNEMINGS

Die strategiese doelwit is om suksesvolle Gemeenskapsplase

te vestig deur die implementering van die Omvattende

Landbou-ondersteuningsprogram (OLOP), Proaktiewe

Grondverkrygingstrategie (PGVS) en die Grondherverdeling

vir Landbou-ontwikkelingsprogram, en om die regering by te

staan met die implementering van hulle Voedselsekuriteit

Strategiese Program.

Casidra is aangestel deur die Departement van Landbou:

Wes-Kaap as sy implementeringsagent vir die OLOPprogram

vir Landelike Ontwikkelingsbegunstigdes. In hierdie

finansiële jaar is 201 nuwe projekte geregistreer ter waarde

van R61.27 miljoen tesame met die voortsetting van 176

projekte van die vorige jaar ter waarde van R49.48 miljoen

wat oorgerol het en nie ten volle geïmplementeer was nie.

Aan die einde van hierdie finansiële jaar is 204 projekte

voltooi, 17 gekanselleer en 156 oorgedra vir implementering

in die 2010 finansiële jaar. Hierdie projekte

Vertoonvenster van Aktiwiteite - Landbou en Grondhervormings

in die 2010 finansiële jaar. Hierdie projekte

verteenwoordig totale betalings van OLOP aan swart

bemagtigingsondernemings ter waarde van R70.404

miljoen, waarvan R52.711 miljoen tydens hierdie finansiële

jaar bestee is. Die Weskus was aan die voorpunt met 91.9%

van sy 2009-projekte wat voltooi is. Aan die einde van 2009

is Casidra aangestel om die befondsing vir drie

Rampverligtingskemas in die Wes-Kaap te bestuur.

Verskeie faktore het die implementering van projekte

vertraag, naamlik goedkeuring van plaaslike owerhede en

die winsgewendheid van sommige ondernemings. Die eerste

fondse vir implementering is in Junie 2009 ontvang, wat

driekwart van die jaar oorgelaat het vir implementering. Ten

spyte hiervan is amper 66% van projekte wat oorspronklik

gekontrakteer is, voltooi.

Die Huishoudelike Voedsel Sekuriteit Program het 516 tuine

ondersteun met basiese tuingereedskap en produksie-insette.

Vyftig “Boer soos jy Kweek” Aartappel doen-dit-self stelle ter

waarde van R50 400 is afgelewer aan die begunstigdes in ses

streke. Vyf-en-sewentig huishouding begunstigdes is

bygestaan op Wêreld Voedsel Dag. R227 500 is gebruik om

hoenders, graan en hokke te koop.

Een van die OLOP begunstigdes, Isaac Motala van Motala

boerdery, het Casidra se diens as uitstekend ervaar. Motala

boerdery produseer vrugte in die Wolseley-gebied. Verder is

Aurora Landbou Trust, 'n suksesvolle aartappelplaas in die

Weskus streek befonds deur die OLOP- program vir

produksie-insette en infrastruktuur en het 50-60 ton/ha vir die

mark geproduseer.

LANDELIKE INFRASTRUKTUUR

Die doel van hierdie program is om die sosiale struktuur in

landelike gemeenskappe te herstel, bevorder en ontwikkel

deur die implementering van verskeie infrastruktuurprojekte.

Die strategiese doelwit is om die Nasionale Regering se

Landelike Behuisingsubsidie Skema te gebruik om die

lewensgehalte van arm landelike gemeenskappe te verbeter.

Die Landelike Behuisingsprojek het die laaste vyf huise in

Genadendal gerestoureer. Dit is 'n totaal van 100 huise wat in

die gebied gerestoureer is. Die voltooiing van hierdie laaste

fase bring hierdie projek tot 'n einde met 'n totale waarde van

R4 055 405 se subsidies. Huissleutels is aan die trotse

eienaars oorhandig voor die einde van hierdie finansiële jaar.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!