02.05.2013 Views

Casidra - Afrikaans

Casidra - Afrikaans

Casidra - Afrikaans

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

13

Regsdienste is verantwoordelik vir en betrokke by alle

regsaspekte binne en buite die maatskappy wat 'n invloed op

die maatskappy het. Dit sluit in wetsontwerp, redigering,

vertaling en nagaan asook kommentaarlewering op

kontrakte en regsdokumente vir Casidra se verskillende

departemente. Agterstallige skuldinvordering word ook

hanteer.

Hierdie eenheid verskaf regsadvies en ondersteuningsdienste

aan Casidra se verskillende departemente en doen

navorsing ten opsigte van bepaalde regsaspekte en

veranderde wetgewing wat op die maatskappy betrekking

het.

Regsdienste dien ook as 'n voldoeningsbeampte ten opsigte

van alle kontrakte en tersaaklike wetgewing en regulasies,

soos inter alia die Wet op Nasionale Krediet, Wet 34 van

2005 en die Wet op Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging,

Wet 53 van 2003.

Regsdienste bestuur ook die beveiliging, indeksering en

liassering van alle sekuriteite, aandelesertifikate, kontrakte en

Trustdokumente.

Verskeie ooreenkomste en ander dokumente

is opgestel, insluitend inter alia: expromissio

(skuldvernuwing), pandgewing, ooreenkoms van

skulderkenning, Bestuurooreenkomste, oordragte,

k r e d i e t a a n s o e k e , b e u r s k o n t r a k t e ,

vertroulikheidsooreenkomste, huurkontrakte, lenings,

borgstelling, koopbriewe, diensvlakooreenkomste,

REGSDIENSTE

Die doel van hierdie eenheid is om te verseker dat daar aan alle wetgewing voldoen word.

dienskontrakte, besluite/resolusies, volmagte, pacta de non

petendo en berig van ontvangs.

Menings en memoranda is opgestel oor 'n breë

verskeidenheid interessante onderwerpe, onder andere:

• Die implikasies as 'n direkteur van 'n staatsmaatskappy

aangestel/genomineer word as 'n verteenwoordiger van 'n

politieke party;

Of 'n party vergoeding mag eis in die vorm van rente indien

hulle aan sekere risiko blootgestel is tydens die verloop van

'n projek;

Die vereistes waaraan voldoen moet word in die geval

waar 'n minderjarige, wat 'n lid is van 'n beslote korporasie,

wil deelneem aan die Bestuur van die genoemde

korporasie;

Die vereistes vir skuldvergelyking (compensatio);

Die erkenning deur Suid-Afrikaanse howe van die

moontlikheid van oordrag van eienaarskap ten opsigte

van roerende bates;

Die regsimplikasies daarvan as die werkgewer

plaaswerkers na die dorp toe vervoer;

Die regsimplikasies ten opsigte van werknemers wat op

vaste termyn kontrakte aangestel word en verskillende

voordele ontvang as wat ander werknemers ontvang; en

• Die relevante artikels van die Wet op Nasionale Krediet,

Wet 43 van 2005, ten opsigte van die prosedure wat

gevolg moet word as 'n kredietverskaffer weier om krediet

aan 'n aansoeker toe te staan.

OPENBARE BETREKKINGE, BEMARKING EN KOMMUNIKASIE

Die doelwit van hierdie eenheid is om die maatskappy te bemark deur die voorsiening van 'n interne en eksterne

kommunikasiediens asook om bystand te bied aan Korporatiewe Ondersteuningsdienste.

Casidra het voortdurend afsprake in verskeie bemarkings- en

kommunikasie-aktiwiteite gemaak om positiewe publisiteit te

verseker.

BESTUUR VAN HANDELSMERK

Dit was 'n baie bedrywige jaar vir die Bemarkings- en

Kommunikasie eenheid van Casidra. 'n Navorsingstudie is

op Casidra se handelsmerk uitgevoer om te bepaal of dit nog

relevant is en of daarop verbeter moet word. Dit is gedoen

om die hervormingsproses te verbeter. Casidra se

handelsmerk moet in lyn wees met die visie, missie,

s l a g s p r e u k e e n p r o g r a m m e / d i e n s t e v a n s y

hervormingsprogram. Dit moet 'n gees van

opgewondenheid in die gemeenskap waarin ons werk

teweegbring, asook die werk wat ons doen, omskryf.

Verskeie werkswinkels is met Bestuur en Raadslede gehou ten

opsigte van die uitkoms van die Handelsmerk Assessering.

Vertoonvenster van Aktiwiteite - Regsdienste en Openbare Betrekkinge

'n Volledige verslag met aanbevelings is opgestel en deur die

diensverskaffer aangebied.

BEMARKING EN KOMMUNIKASIE

Vier kwartaallikse CeeDee nuusbriewe is tydens die

verslagjaar gepubliseer, wat Casidra se suksesverhale gedek

het. Die verspreiding van die nuusbriewe is verhoog as gevolg

van die aantal interne en eksterne aandeelhouers. Vir interne

kommunikasiedoeleindes is agt interne Nuusflitse uitgegee

om werknemers op datum te hou oor wat in die maatskappy

plaasvind.

Casidra se webblad is op 'n gereelde basis bygewerk (soos

nuwe inligting benodig is) en detail van nuwe werknemers is

op die bygewerkte webblad ingesluit. Aansienlike bywerkings

is aan die werknemer gedeelte aangebring, waar al Casidra

se Projekpersoneel, insluitend Toerisme-agente by die

Hulpkantoor op die webblad gelaai is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!