02.05.2013 Views

Casidra - Afrikaans

Casidra - Afrikaans

Casidra - Afrikaans

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

31

10.3 Nominasiekomitee

Samestelling

Die lede van die Nominasiekomitee word aangestel en mag

deur die Raad vervang word. Die Nominasiekomitee bestaan

uit ten minste twee Direkteure en elkeen moet aan die Raad

se vereistes voldoen.

Die huidige lede is mnr TE Abrahams, mnr JH Roos, prof JF

Smith, adv GMM van Deventer (Voorsitter).

Voorsitter

'n Voorsitter vir die Komitee word aangestel deur die lede en

dien vir 'n tydperk van twee jaar.

Frekwensie van vergaderings

Komiteevergaderings word gehou soos nodig geag, maar ten

minste een keer per jaar.

Die Komitee het een keer hierdie jaar vergader en die

bywoning was soos volg:

Verklaring: = Bygewoon, A = Afwesig

Primêre verantwoordelikhede

LEDE AUG

TE Abrahams

JF Smith

GMM van Deventer

Identifiseer indiwidue wat bevoeg is om Raadslede te word.

• Beveel geskikte kandidate aan om Raadsvakatures te vul

aan die Raad en Aandeelhouer by elke jaarvergadering

van die maatskappy se aandeelhouers of by ander

algemene vergaderings.

• Beveel nominasies aan vir elkeen van die Raad se

komitees.

Genooides

Die Nominasiekomitee mag raad en bystand verkry van

interne en eksterne regs-, rekeningkundige, en ander

adviseurs.

10.4 Projekkomitee

Samestelling

Die Komitee vergader op 'n ad hoc basis soos nodig om

versoeke van die Raad oor fondsinsameling en

projekbeplanning aan te spreek en lede word aangestel soos

benodig.

Die huidige lede is mnr TE Abrahams (Voorsitter), mnr JH

Roos, prof JF Smith en me E Sprague.

Voorsitter

'n Voorsitter vir die Komitee word aangestel deur die lede en

dien vir die doeleindes van die bepaalde taak.

Frekwensie van vergaderings

Komiteevergaderings word gehou soos nodig geag.

Korporatiewe Bestuursverslag

Die Komitee het eenkeer hierdie jaar vergader en die

bywoning was soos volg:

Verklaring: = Bygewoon, A = Afwesig

Primêre verantwoordelikhede

LEDE OCT

TE Abrahams

JH Roos

JF Smith

E Sprague

Bepaal en evalueer moontlike alternatiewe vir

voorgestelde projekte.

Tree op as Projek verteenwoordigers en

veranderingsagente.

Genooides

Die Projekkomitee het die gesag om raad en bystand intern te

kry.

11. MAATSKAPPYSEKRETARIS

Alle direkteure het toegang tot die Maatskappysekretaris wat

verseker dat die Raad se prosedures, toepaslike reëls en

regulasies volledig toegepas word.

Die Maatskappysekretaris hou die Raad op hoogte van

relevante veranderinge in wetgewing en die beste

bestuurspraktyke. Die Maatskappysekretaris hou toesig oor

die inhuldiging van nuwe direkteure asook voortgesette

opleiding van direkteure.

Die nodige inligting vir elke Raadsvergadering word tydig

voor elke vergadering aan direkteure gestuur sodat hulle

vertroud kan raak met die inligting en om

maatskappyinligting te oorweeg ooreenkomstig hulle

statutêre en fidusiêre verantwoordelikheid. Die

tertafellegging van dokumente by Raadsvergaderings

geskied slegs in uitsonderlike gevalle.

Die Maatskappysekretaris word deur die Raad aangestel.

12. LOPENDE SAAK

Op aanbeveling van die Oudit- en Risikokomitee het die

Raad na oorweging van die feite en aannemes waarop

vertrou word besluit dat die besigheid sal voortgaan as 'n

lopende saak in die finansiële jaar wat voorlê.

Die direkteure is van mening dat die besigheid 'n lopende

saak sal wees in die jaar wat voorlê en hulle verklaring in

hierdie verband word ook vervat in die verklaring oor die

verantwoordelikheid van die direkteure vir die finansiële state.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!