02.05.2013 Views

Casidra - Afrikaans

Casidra - Afrikaans

Casidra - Afrikaans

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

25

1. REGSVEREISTES

DEEL 3: OUDIT- EN RISIKOKOMITEE

Die Oudit- en Risikokomitee lê graag hierdie verslag voor,

volgens artikels 51(1)(a)(ii) en 76(4)(d) van die Wet op

Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (die “Wet”).

Artikel 38(1)(a) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur,

1999 vereis dat rekenpligtige beamptes van

staatsdepartemente moet verseker dat entiteite wat

oordragfondse ontvang, effektiewe, doeltreffende en

deursigtige finansiële bestuur en interne beheerstelsels

implementeer. Die regulasies van die Wet bepaal die oudit-

en interne ouditvereistes. Casidra het aan die regsvereistes

voldoen.

2. BESTUURSVERANTWOORDELIKHEID

Die rekenpligtige beampte is verantwoordelik vir die bestuur

van die organisatoriese strategie, die vernaamste

aksieplanne, risikobeleide, jaarlikse begrotings en

besigheidsplanne; monitering van prestasie en daarstelling

van die beste bestuurspraktyke.

3. VERANTWOORDELIKHEID VAN DIE

OUDIT- EN RISIKOKOMITEE

Die Oudit- en Risikokomitee het 'n geskrewe handves wat die

omvang van hulle aktiwiteite en magte uiteensit. Sedert 29

Augustus 2006 is die verantwoordelikhede van die

Ouditkomitee uitgebrei om Risikobestuur in te sluit.

Gedurende die verslagjaar het die Oudit- en Risikokomitee sy

verantwoordelikhede volgens die handves nagekom.

Die Raad het 'n interne oudit handves aanvaar op grond

waarvan 'n interne ouditkantoor met die Hoof Uitvoerende

Beampte as Hoof Oudit Beampte geskep is. Die kantoor

doen verslag aan die Voorsitter van die Raad aangaande

organisatoriese aangeleenthede en aan die Oudit- en

Risikokomitee aangaande funksionele aangeleenthede.

Die Komitee het die handves en ouditplan van die Oudit- en

Risikokomitee bevestig.

Die verslag van die Oudit- en Risikokomitee word

gebaseer op die werk verrig deur die ouditfirmas

PricewaterhouseCoopers, Alberto Prins en Veritas-CA,

asook interne bedryfsoudits en bestuursverslae.

Verslag van die Oudit en Risikokomitee

VERSLAG VAN DIE OUDIT- EN RISIKOKOMITEE

vir die jaar geëindig 31 Maart 2010

Ouditering geskied binne die konteks van eksterne en interne

ouditplanne goedgekeur deur die Oudit- en Risikokomitee.

Die Oudit- en Risikokomitee het soos volg die funksies vervul

volgens sy handves asook soos voorgeskryf volgens die Wet:

• Hersien die verkorte resultate en die jaarlikse finansiële

state en beveel aan dat die Raad dit goedkeur; en

• Hersien die Korporatiewe Bestuursverslag

en beveel aan

dat die Raad dit goedkeur.

Die Komitee het tydens die hersiening:

• Toepaslike stappe geneem om te verseker dat die finansiële

state voorberei is ooreenkomstig Internasionale Finansiële

Rapporteringstandaarde (IFRS) en soos vereis deur die

Maatskappyewet van Suid-Afrika;

• Navrae hanteer ten opsigte van rekeningkundige beleide,

die ouditering en inhoud van finansiële jaarstate

en

interne finansiële beheer;

• Die eksterne ouditverslae oor die finansiële jaarstate

hersien;

• Die gehalte, diens en onafhanklikheid van die eksterne

ouditeure nagegaan, PricewaterhouseCoopers Ingelyf.

aangestel as die ouditeure vir 2011 en kennis geneem dat

mnr. RJ Jacobs as die aangewese ouditeur aangestel is (die

indiwiduele geregistreerde ouditeur en bestuurder

verantwoordelik vir die oudit word elke vyf jaar vervang);

• Die ouditfooi en aanstellingsvoorwaardes van die eksterne

ouditeure goedgekeur; en

4. FUNKSIES VAN DIE OUDIT- EN

RISIKOKOMITEE

Die aard en omvang van toelaatbare nie-ouditdienste

bepaal en die kontrakvoorwaardes goedgekeur vir die

voorsiening van nie-ouditdienste deur die eksterne

ouditeure.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!