02.05.2013 Views

Casidra - Afrikaans

Casidra - Afrikaans

Casidra - Afrikaans

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

In die Ekonomiese Ontwikkelingsprogram sal ons kundigheid

in Projekbestuur verbeter word om 'n gehalte diens aan die

Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme

(DEOT) deur die RED Doors te voorsien. Ons prioriteit is die

verbetering van dienste aan die publiek en die Departement.

FINANSIËLE UITKOMSTE

Finansiële oordragte vir kernbefondsing vanaf die DvL het

R10, 200 miljoen beloop, en R4, 750 miljoen is vanaf DEOT

ontvang. Projekverwante befondsing vanaf die DvL het R138,

069 miljoen beloop. DEOT het R39, 650 miljoen oorgedra

vir die bedryfskoste van die RED Doors, Werk en Vaardighede

en Toerisme asook verwante programme. Die Departement

van Vervoer en Openbare Werke het R684 000 oorgedra vir

Waaikraal en R1, 750 miljoen vir Amalienstein om hierdie

plase te steun. Ons projekverwante befondsing het dus oor

die afgelope jaar aansienlik toegeneem.

MOTIVERINGS KLIMAAT

Casidra se Raad het sterk leierskap, rigting en beheer verskaf

soos vereis kragtens King II, en wil graag die King Kode III

implementeer. Die Raad was werklik 'n uitstaande bron van

inspirasie en leiding vir Bestuur.

Casidra se Bestuur het opleiding ondergaan om ons

Emosionele Intelligensie verder te ontwikkel. Deur te fokus op

samehorigheid van spanne deur deelname aan die Hermann

Brain Dominance Program, het ons 'n Bestuurshandves

ingestel. Dit sal aan alle betrokke belanghebbendes

oorgedra word.

Vordering is gemaak met die ontwikkeling en instel van 'n

nuwe Bestuursprestasie stelsel (vir implementering vanaf Mei

2010). Personeelomset het aansienlik afgeneem by

Hoofkantoor en projekte.

Die aanvaarding van hierdie programme is bewys van ons

toewyding tot goeie Bestuurspraktyke en leierskap. Die

voordele met betrekking tot organisatoriese prestasie sal op

die korttermyn, maar veral op die langtermyn, gevoel word.

Dit was 'n uitdagende jaar vir Casidra. Die instelling van 'n

nuwe leierskapstyl en -benaderings op Raadsvlak asook

Bestuursvlak het personeel se potensiaal ontketen. Dit het

ook uitdagings op alle vlakke by Casidra gebied. Ek is

oortuig dat ons dit goed hanteer het en baie positiewe lesse

geleer het.

DANKBETUIGING

Opregte dank word uitgespreek aan:

Die Uitvoerende Gesag, Minister Gerrit Van Rensburg,

vir sy volgehoue belangstelling, strategiese leiding en

insigte;

Die Minister vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en

Toerisme, Alan Winde, vir sy deurlopende ondersteuning

regdeur die jaar;

Die Raad en Direkteure vir hulle oneindige toewyding,

ontwikkelingsbenadering en leiding;

Ontwikkelingsvennote en aandeelhouers, veral in die

Wes-Kaapse Departement van Landbou en Landelike

Ontwikkeling, die Departement van Ekonomiese

Ontwikkeling en Toerisme, die Departement van Vervoer

en Openbare Werke, die Departement van Plaaslike

Regering en Behuising, die Stad Kaapstad, Bitou en

Oudtshoorn munisipaliteite wat ooreenkomste met

Casidra gesluit het;

Gemeenskapsbaseerde organisasies van Zoar, Haarlem

en Dysselsdorp asook ander in die Ekonomiese en

Landelike Ontwikkelingsektor regoor die provinsie;

Die direkte begunstigdes van ons dienste vir hulle lojaliteit

en positiewe terugvoer;

Die Nasionale Departement van Landelike Ontwikkeling

en Grond- hervorming, en die Kommissie op die Herstel

van Grondregte vir hulle rol om prosesse wat 'n impak op

die plase het, oop te stel ;

Alle personeel op die Casidra-bestuurde plase, in RED

Doors, by Streekkantoor en Hoofkantoor. Julle toewyding

tot kliëntediens maak die taak om nuwe hoogtes by

Casidra te bereik, die moeite werd; en

Die Bestuurslede vir die bou van 'n nuwe kultuur van

ondersteuning en dienslewering in 'n veranderende

omgewing.

AFSLUITING

Casidra sal voortgaan om van krag tot krag te groei. Soos

ons die organisasie lei en bestuur, sal Casidra se invloed in

die Ekonomiese en Landelike Ontwikkelingsfeer groei. Ons

kommunikasie met alle aandeelhouers is nou op goeie voet.

Die openbare verbruikers van ons dienste sal die grootste

voordeel hieruit trek. As versnelde verskaffer van staatsdienste

wat die pas versnel het ons baie om op trots te wees en nog

meer om na uit te sien.

Mnr Terance Fife

Hoof Uitvoerende Beampte

Oorsig van die Hoof Uitvoerende Beampte

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!