02.05.2013 Views

Casidra - Afrikaans

Casidra - Afrikaans

Casidra - Afrikaans

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die Raad erken sy verantwoordelikheid om te verseker dat die

maatskappy die doeltreffendheid van die interne- finansiële en

bedryfsbeheer stelsels implementeer en monitor. Hierdie

stelsels is ontwerp om teen wesenlike wanvoorstelling en

verlies te waak.

Die interne-, finansiële- en bedryfskontroles stelsels wat

gehandhaaf word deur die maatskappy is ontwerp om redelike

versekering te bied ten opsigte van:

13. INTERNE BEHEER

Beveiliging van bates teen ongemagtigde gebruik of

wanbesteding;

voldoening aan toepaslike wetgewing en regulasies;

handhawing van juiste rekeningkundige rekords; en

voldoendheid en betroubaarheid van finansiële inligting.

Die interne- ouditfunksie en die eksterne ouditeure takseer

onafhanklik die voldoendheid en betroubaarheid van die

interne beheer.

Niks het onder die aandag van die Direkteure gekom wat

aandui dat enige wesenlike onderbreking voorgekom het in

die funksionering van hierdie kontroles, prosedures en sisteem

gedurende die verslagjaar nie.

14. RISIKOBESTUUR

Die Raad aanvaar finale verantwoordelikheid vir die interne

beheer en risikobestuurstelsels van die Maatskappy.

Wesenlike risiko's in die Maatskappy is geïdentifiseer en

uiteengesit in 'n risikoraamwerk. Behoorlike interne

beheerstelsels is in plek en word gehandhaaf. Die tydige

uitvoer van beheerprosedures en voldoening aan

beheerprosedures word intern gemonitor.

Santam Beperk verseker maatskappybates omvattend teen

onnatuurlike rampe en ander wesenlike risiko’s.

15. WESENLIKHEID

Alle wesenlike gebeure, risiko's en ander aspekte word

uiteengesit in die state en jaarverslag.

Casidra het geen wesenlike verliese gely as gevolg van

kriminele optrede, onreëlmatige- en vrugtelose- en

verkwistende uitgawes nie. Geen wesenlike verliese is verhaal

en geen wesenlike verliese is afgeskryf tydens die verslagjaar

nie.

Om die Direkteure in staat te stel om hul verantwoordelikhede

na te kom, stel die Raad standaarde vir interne beheer wat ten

doel het om die risiko van foute of verlies op 'n koste-effektiewe

wyse te verminder. Hierdie standaarde sluit in die behoorlike

delegasie van verantwoordelikhede binne 'n duidelik

omskrewe raamwerk, doeltreffende rekeningkundige

prosedures en voldoende skeiding van pligte om 'n

aanvaarbare vlak van risiko te verseker. Die fokus van

risikobestuur in die Maatskappy is op identifisering,

assessering, bestuur en monitering van alle bekende vorms

van risiko in die Maatskappy. Terwyl bedryfsrisiko nie heeltemal

verwyder kan word nie, poog die maatskappy om dit te

minimaliseer deur te verseker dat toepaslike infrastruktuur,

beheer, stelsels en etiese gedrag toegepas en bestuur word

binne voorafbepaalde prosedures en beperkings.

16. KONTRAKTUELE VERPLIGTINGE EN

REGSAKSIES

‘n Ooreenkoms is gesluit met die Provinsiale Regering Wes-

Kaap waarvolgens oordragfondse aan Casidra toegewys is.

Verpligtinge in terme van die ooreenkoms asook die Wet op

Openbare Finansiële Bestuur is nagekom.

Projekooreenkomste is onderteken met befondsers vir verskeie

projekte. Verslagdoening vind plaas volgens die bepalings van

die ooreenkomste en die finansiële omvang word uiteengesit

in die Jaarverslag.

Die maatskappy is betrokke by regsaksie inherent tot sy

gewone aktiwiteite. Daar is geen hangende eise teen die

maatskappy nie.

17. BREËBASIS SWART EKONOMIESE

BEMAGTIGING

BEE Verification Agency (Eiendoms) Beperk, ‘n onafhanklike

graderingsagentskap, het die tweede verifikasie oudit

afgehandel ten einde die Maatskappy se Breë-Basis Swart

Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) status te bevestig en te

sertifiseer.

Die oudit is in Februarie 2010 afgehandel en Casidra het ‘n

Vlak 2 behaal. (Aankope erkenningsvlak 125%).

18. BEDROGLYN

Die bedroglyn is 'n blitslyn wat enige werknemer of betrokkene

kan gebruik om anoniem en op 'n vertroulike basis enige

verdagte aktiwiteit of onetiese gedrag in die Maatskappy te

rapporteer. Verslae word direk aan die Hoof Uitvoerende

Beampte gestuur en aan die Oudit- en Risikokomitee

gerapporteer.

19. INTERNE OUDITFUNKSIE

Die onafhanklike interne ouditfunksie is uitgekontrakteer en

rapporteer direk aan die Hoof Uitvoerende Beampte.

Die interne ouditeure werk nou saam met die eksterne

ouditeure om duplikasie te voorkom.

D i e i n t e r n e o u d i t v a n d i e g e s p e s i a l i s e e r d e

inligtingstegnologiestelsel omgewing is uitgekontrakteer aan

Integr8 IT en funksioneer onafhanklik van die eksterne

ouditfunksie.

Die bevindinge en aanbevelings van alle interne ouditprosesse

word aan bestuur en die Oudit- en Risikokomitee

gerapporteer.

20. ETIEK

Die Etiese Kode is opgestel en aan elke werknemer versprei

met die doel dat alle werknemers mag deelneem en dit

aanvaar as 'n inherente hoeksteen van Casidra.

Korporatiewe Bestuursverslag

32

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!