02.05.2013 Views

Casidra - Afrikaans

Casidra - Afrikaans

Casidra - Afrikaans

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

27

Die doeltreffendheid van interne beheerstelsels binne

Casidra is onderhewig aan afhanklik van inherente

beperkings, insluitend die moontlikheid van menslike foute en

beheermaatreëls wat doelbewus verontagsaam word. Die

afwesigheid van 'n voltydse interne ouditeur het die omvang

van die ondersoek beperk.

Interne beheerstelsels kan dus bloot 'n redelike versekering

bied teen enige wesenlike wanvoorstelling en verlies.

Bestuur hou voldoende rekeningkundige rekords in stand wat

gemik is op die bereiking van doelwitte en onderhou die

stelsels van interne beheer deurlopend deur 'n gereelde en

proaktiewe proses van ouditering en regstelling.

Die doeltreffendheid van rekeningkundige stelsels hang

hoofsaaklik af van die sorgvuldige werwing van

sleutelpersoneel; duidelike delegasie van magte en

toekenning van rekenpligtigheid met toepaslike verdeling van

verantwoordelikheid; nakoming van besigheidsetiek; beleide

en prosedures vir koördinering van die bestuur van

hulpbronne en die leierskap en toewyding van topbestuur.

Casidra het sy een-en-twintigste opeenvolgende

ongekwalifiseerde ouditverslag ontvang sedert sy ontstaan in

Oktober 1989.

Casidra het voldoende interne beheer gedurende die

finansiële jaar uitgeoefen en risiko's wat geïdentifiseer is, is

behoorlik beheer. Inligtingstegnologiestelsels om bestuur te

help was voldoende en doeltreffend. Die interne oudit van die

gespesialiseerde inligtingstegnologiestelsel-omgewing is

uitgekontrakteer aan Integr8 IT en funksioneer onafhanklik

van die eksterne ouditfunksie.

9. LOPENDE SAAK

Die Komitee het die feite en aannames waarop gesteun word

oorweeg en is van mening dat die besigheid in die finansiële

jaar wat voorlê ‘n lopende saak sal bly.

10. LEDE VAN DIE OUDIT- EN

RISIKOKOMITEE EN BYWONING

VAN VERGADERINGS

Die detail word in die Korporatiewe Bestuursverslag

gerapporteer.

11. BYWONING

Die interne en eksterne ouditeure het in hul hoedanigheid as

ouditeure van die maatskappy alle vergaderings van die

Oudit- en Risikokomitee bygewoon en verslag gedoen. Die

Hoof Uitvoerende Beampte, Hoof Finansiële Beampte en

betrokke bestuurders het vergaderings op uitnodiging

bygewoon.

Verslag van die Oudit en Risikokomitee

12. VERTROULIKE VERGADERINGS

Die vergaderings van die Oudit- en Risikokomitee maak

voorsiening vir vertroulike vergaderings tussen die

Komiteelede en die interne en eksterne ouditeure.

13. ONAFHANKLIKHEID VAN EKSTERNE

OUDITEURE

Die eksterne ouditeure het hulle onafhanklikheid bevestig op

grond van 'n voorlegging aan die Oudit- en Risikokomitee.

Prof Estian Calitz

Voorsitter Oudit- en Risikokomitee

22 Julie 2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!