02.05.2013 Views

n regsvergelykende studie van die minimum prosedurele vereistes

n regsvergelykende studie van die minimum prosedurele vereistes

n regsvergelykende studie van die minimum prosedurele vereistes

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die arbeidsmark word weer gedurende 1922 deur ʼn reeks stakings en arbeidsonrus

geteister en noop die regering om weer die arbeidwetgewing te ondersoek. Die

statutêre ontwikkeling van die kollektiewe arbeidsreg vind in 1924 beslag in die

Nywerheidsversoeningswet, 11 van 1924. Hierdie wet gee die eerste keer erkenning

aan vakbonde en nywerheid- en bemiddelingsrade is geskep. Die nywerheidsrade kan

beskou word as die voorloper tot die hedendaagse bedingingsrade en Kommissie vir

Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie 24 wat deur die Wet op Arbeidsverhoudinge van

1996 geskep is. Die Loonwet, 25 van 1927, word in 1927 gepromulgeer.

Een van die kenmerke van die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse arbeidsreg is die

onderskeid wat sedert 1930 tussen blanke en swart werknemers gemaak word en hoe

twee afsonderlike bene van wetgewing vir die onderskeie groepe ontwikkel het. 25

Die Van Reenen-kommissie word in 1935 aangestel om ʼn ondersoek na loonverskille

tussen verskillende kategorieë werknemers te ondersoek en aanbevelings te maak. 26

In die dertigerjare het vakbondlidmaatskap aansienlik toegeneem, as gevolg van die

depressie. Die behoeftes van die werkplek is meer volledig deur die nuwe

Nywerheidsversoeningswet 27 van 1937 aangespreek en werklose werknemers is deur

die Wet op Werkloosheidsvoordele 28 van 1937 bygestaan.

Gedurende die 1940’s is die volgende wette gepromulgeer:

• Wet op Fabrieke, Masjinerie en Bouwerk, 22 van 1941. Die wet was die

voorloper vir die hedendaagse Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid 85 van

1993;

24 Hierna die KVBA genoem.

25 Die ontwikkeling van die dubbelstelsel val buite die bestek van die proefskrif en die

hoofontwikkelingsgang van die arbeidsreg word hieronder bespreek.

26 Die aanbevelings word vervat in ʼn verslag, UG 37/1935. 26 Sien ook Van Niekerk ea 2008:11.

27 Nywerheidsversoeningswet 36/1937.

28 Wet op werkloosheidsvoordele 25/1937.

semper et unicus optimus

9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!