02.05.2013 Views

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

interaksie wees. Realiteite in verhoudings wat verdiskonteer

moet word, is armoede, ontwikkeling, globalisering

en verskillende leierskapsmodelle. God het ook die verskille

daargestel (Gen 11) by die toringbou van Babel. Kulturele

verskille moet gebruik word om God voluit te dien,

elkeen in sy eie kultuur, met sy eie taal, maar in liefde vir

mekaar tot uitbreiding van God se koninkryk. Een kultuur

moet nooit verabsoluteer word om oor ander kulture te

heers nie, of beskou word as die norm waarteen ander

gemeet moet word nie. Christene moet nie ander kulture

vermy of ignoreer nie, maar moet mekaar eerder aanvaar,

akkommodeer en waardeer.

Verhoudings op taalgebied

In Afrika alleen is daar 53 lande waarin 1 500 tale gepraat

word. In Suid Afrika alleen is daar 11 amptelike landstale.

Sekerlik een van die grootste probleme in ons verhoudings

met ons landgenote is die gebrek aan taalvaardigheid.

Vir lank was Afrikaans en Engels die enigste amptelike

landstale. Hoe moeilik is dit nie om te kommunikeer

as jy nie mekaar se taal verstaan of praat nie? Hoe moeilik

is dit nie om oor te dra hoe ek oor jou voel, wat ek dink,

wat ek bedoel as jy dit nie in jou eie taal kan hoor nie?

Hoe moeilik is dit nie om per tolk die evangelie oor te dra

nie?

Dit sou goed wees as ons met mekaar kon praat, elkeen

in sy moedertaal. Dit sou so goed wees as ons met mekaar

kan praat volgens die eis van die Skrif uit Efesiërs 4:29,

sodat ons net kon praat wat goed en opbouend is. Dat

ons mekaar kon verstaan elkeen in sy eie taal. Is dit nie

hoog tyd dat ons elkeen ’n Afrikataal aanleer nie?

Verhoudings op kerklike terrein

Die Gereformeerde Kerke het ook alreeds begin om

die diversiteit van ons landgenote aan te spreek. Die

verskillende sinodes oor die kleurgrens heen werk saam

na ’n eenheid toe. So het ons op die afgelope nasionale

sinode in 2009 die voorreg gehad om as kerke in ’n eenheid

saam te vergader. Dit het gebeur ondanks die diversiteit,

pluriformiteit en individualiteit van die verskillende

kerke. Die allesinsluitende sisteme is besig om herdefinieer

te word om saam God te verheerlik en te aanbid.

Diversiteit en pluraliteit moet nie as bedreigend gesien

word nie, maar moet gebruik word in die uitbreiding van

die koninkryk, die uitdra van die evangelie.

2010

julie

• fokusartikel•

Verhoudings ten opsigte van rykes en armes

Suid Afrika is ’n land waarin baie ryk en baie arm mense

woon. Vroeër was die woongebiede gedefinieërd en geografies

geskei. Die skeiding word grootliks opgehef met

die informele nedersettings en die formele woongebiede

wat langs mekaar en soms inmekaar gevleg is. Om daarom

in verhouding met mekaar te leef, het ’n realiteit geword.

Dit bring ons nader aanmekaar en skep geleenthede

om sodoende die evangelie aan ons landgenote te kan

verkondig.

❏ Eerstens is daar sekerlik die opdrag om die evangelie

uit te dra (Matt 28:19).

❏ Tweedens is daar die opdrag om mekaar lief te hê,

en dit geld veral vir Christene (Joh 13:34, 35).

❏ Derdens moet ons in die wêreld die sout vir die aarde

wees en die lig vir die wêreld (Matt 5:13-16).

❏ Vierdens moet ons die Christelike liefde uitdra teenoor

almal, veral ons medebroeders en susters en ook ons

landgenote (Matt 5:43-48).

❏ Vyfdens is die opdrag ook duidelik om vir almal te

sorg wat arm, honger en dors het (Matt 25:31-46).

Verhoudings ten opsigte van ryk en arm vra daadwerklike

dade van liefde, begrip, omgee teenoor ons landsburgers.

Verhoudings in ’n wonderlike land

God het aan ons almal ’n wonderlike land gegee, met

natuurskoon wat strek van woestyne tot waterryke, groen

gebiede, van lowergroen tot uiters droog, van uiterste koue

tot uiterste hitte. Saam het ons die land gebou en saam

moet ons dit bly bewerk ook vir die toekoms. Saam moet

ons dit waardeer wat God aan ons gegee het (Ps 8).

Samevatting

Om in ’n Christelike verhouding te leef met jou medelandgenote

is ’n wonderlike voorreg. Die norm vir Christene

is nie geleë in materiële welvaart of in persoonlike voordeel

nie, maar dit gaan eerstens oor die uitbreiding van

die koninkryk van God. Dit beteken dat elkeen wat in Jesus

glo, die ewige lewe het. Elkeen wat waarlik ’n kind

van God is, is ook mede-erfgenaam van die ewige koninkryk.

Saam moet ons die liefde van God uitdra teenoor

alle mense. Kom ons dra mekaar in die gebed op aan die

sorg van ons troue hemelse Vader. Kom ons bid oponhoudelik

vir hierdie land en sy mense waarin God ons geplaas

het. DK

• Die Kerkblad • 11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!