02.05.2013 Views

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ning in Saul se plek. Jy sou dus nie

eintlik verwag dat hulle vriende kon

wees nie, maar eerder mededingers,

aangesien Dawid die plek van Jonatan

ingeneem het as opvolger (1 Sam

23:17). Tog het die siel van Jonatan

verkleef geraak aan die siel van Dawid,

en Jonatan het hom liefgekry

soos sy eie siel (1 Sam 18:1).

Hulle kon vriende wees, omdat dit op

geloof berus het. As ons Dawid se belydenis

in sy optrede teenoor die onbesnede

Fillistyn Goliat (1 Sam 17:36

& 37) vergelyk met Jonatan se belydenis

in sy optrede teenoor die onbesnede

Filistyne (1 Sam 14:6-15), sien ons

hulle het dieselfde geloofstaal gepraat.

Albei het onwrikbaar op die Almagtige

God vertrou in hulle stryd.

Hulle was een in geloof, daarom het

hulle ’n vriendskapsverbond met mekaar

gesluit (1 Sam 18:3).

Die Here het Jonatan as vriend vir Dawid

beskik wat hom teen sy eie pa,

Saul, se afguns en haat beskerm het.

Jonatan het die koninkryk van God

hoër geag as sy eie belang. Hulle

vriendskap was daarom tot heil vir hulleself

en die koninkryk, en so ook tot

eer van God.

So is dit met enige vriendskapsverhouding

wat op geloof rus.

Die gesindheid van Christus

By vriende moet daar nie selfsug of

ydele eer wees nie, maar in nederigheid

moet die een die ander hoër ag

as homself. Elkeen moet nie net na

sy eie belang omsien nie, maar elkeen

moet ook na die ander se belang omsien

(Fil 2:3-5).

Die gesindheid van Christus moet in

ons wees en in ons verhouding met

ons vriendskapsgenote.

2010

julie

Vertroue

• fokusartikel•

Vriende moet mekaar en mekaar se raad kan vertrou, anders kan vriendskap

maklik tot onheil wees. Dink maar net aan Haman wat uiteindelik aan die galg

gehang het wat hy op aanbeveling van sy vrou en vriende vir Mordegai laat

bou het (Ester 5:14; 7:9, 10).

Getrouheid

As Christene moet ons getrou wees in ons vriendskapsverhoudinge. Ons

moet geen “mooiweersvriende” wees nie. Job kla in sy ellende dat al sy vertroude

vriende ’n afsku in hom het (19:19). Baie van sy vriende het hom

verlaat en hy was eensaam in sy siekte. Ware, gelowige vriende moet deur

dik en dun bymekaar staan.

Spreuke leer ons dat die vriend altyd lief moet hê, en die broer gebore word

met die oog op nood (17:7). Dié spreuk wil beklemtoon dat ware vriendskap

(of broederskap) eers in nood blyk.

Job roep uit dat daar vir die moedelose liefde moet wees, van die kant van sy

vriend, ook al laat die vriend die vrees vir die Almagtige vaar (6:14). ’n Vriend

moet aan sy vriend wat moed verloor het en wanhoop, liefde betoon.

Regte motief

Die Bybel waarsku dat besittings en rykdom vriende aanbring, maar die arme

word deur sy vriend verlaat. Dit leer ook dat iemand wat geskenke uitdeel, ’n

hoop vriende het (Spr 19:4 & 6). ’n Mens moet nie vriendskap met iemand

sluit om stoflike voordeel daaruit te trek nie. Jy moet ook oppas dat iemand

nie met jou vriende is ter wille van stoflike voordeel nie. Iemand met baie

vriende kan geruïneer word omdat hulle vriende net stoflike voordeel uit die

vriendskap wil trek.

Daar is egter ware vriende wat getrouer is as broers en wat nie bymotiewe

het nie (Spr 18:24). ’n Mens moet dus versigtig wees in die keuse van jou

vriende en ook rekenskap kan gee oor die motief van jou vriendskap met

ander.

Die goue reël

In al hierdie riglyne wat die Woord ons bied in verband met die verhouding

met ons vriendskapsgenote, is die goue reël: Wie dan ’n vriend van die wêreld

wil wees, word ’n vyand van God (Jak 4:4). Die verhouding met ons vriendskapsgenote

moet altyd tot eer van God wees. DK

• Die Kerkblad • 17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!