02.05.2013 Views

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Reint Dijkema het homself in die twintigerjare in die omgewing van

Settlers gevestig. Deur sy bande met “ou” ds. D Rumpff (van

1922-1941 predikant in Pretoria) was daar ’n goeie kontakpunt en

het daar moontlikhede vir die koms van nog Hollanders ontstaan.

Izak Kense het in die vroeë dertigerjare as bouer en skrynwerker

deur kontak met ds. Rumpff gekom, spoedig gevolg deur sy vrou

Antje. Met die ekonomiese resessie van die dertigerjare, die swak

vooruitsigte vir boere in Holland, en die behoefte aan goeie boere

in Suid-Afrika, het Cees de Jager en sy vrou Zus (’n suster van

Antje Kense) in 1936 by Dykema kom help met die boerdery. Later

het hulle selfstandig begin boer, deurentyd op die suidelike Springbokvlakte.

In 1939 het Dykema se boerskind Lina en haar man Ko Groothof

gekom, en in 1951 was dit die beurt van Lina se suster Jantje en

haar man Berend Wierenga, met hulle dogtertjies Mentje en Antje,

wat hulle ook hier kom vestig het. Marinus de Jager (’n broer van

Cees) en sy vrou Janneke en ’n seun het ook in die laat veertigerjare

gekom, hoewel hulle lidmate gebly het van die Vrygemaakte

Kerke in Pretoria. Ook in die vyftigerjare was dit die beurt van

Maarten en Dirkje Daling, wat bekende boere hier geword het.

So het ook die Van der Laans en Van der Pols gekom. Izak Catsman (sy

vrou Corry was ’n suster van Izak Kense) het aanvanklik ook geboer, maar

was gou beter bekend as bouer en skrynwerker in Warmbad en later in

Potgietersrus. Voeg hierby nog die name van Piet en Ankie Hoeksema,

bakker in Warmbad, en Herman en Tinie Stavast, bekende kleremaker van

Nylstroom, wat nie boere was nie, asook die Scheeles en Van der Laarse,

wat nie Doppers was nie, maar wat almal gewaardeerde lede van die

gemeenskap was.

Vandag, ná meer as 50 en in sommige gevalle meer as 70 of 80 jaar, het

die meeste van die vaders en moeders ons al ontvang. Maar kyk maar in

die telefoonboek en in die kerkalmanak en u sal daar die name sien van

mense wat met trots die erfgename is van setlaars wat nooit skaam was

oor hulle Nederlandse erfenis nie, maar wat terselfdertyd alles feil gehad

het vir die gemeenskap waarbinne hulle hul gevestig het, en wat daarvoor

hoog geëer is.

Van daardie eerste geslag is daar nog enkeles oor wat vandag almal op die

dorp bly, en waarvan die twee jongstes vanjaar albei 90 word. Deur die

genade van die Here is hulle steeds meelewende lidmate van die Geref.

2010

julie

• van oraloor •

Kerk Warmbad. As familie en

medegelowiges eer ons hulle en

dank ons God vir wat Hy deur hulle

aan ons en aan die Gereformeerde

kerke geskenk het.

Op die groepfoto is br. Berend

Wierenga (geb. 1919), sr. Zus de

Jager (geb. 1913), en sr. Betsie

Hoeksema (vroeër ook ’n Hollandse

De Klerk) (geb. 1920); en op die

aparte foto is sr. Dirkje Daling (geb.

1920). DK

(Die skrywers van hierdie bydrae is

skoonseuns van die De Jagers en die

Wierengas onderskeidelik.)

• Die Kerkblad • 31

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!