Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
mens is juis vandag baie “laer” as by

die skepping, en nie andersom nie.

Ons bely hierdie Skrifwaarheid onder

andere in Artikel 14 NGB. Dit behoort

ook proff. Moraal en Reynecke se belydenis

te wees. Dit is egter opmerklik

dat hulle, altans in hulle skrywe aan

Die Kerkblad, geensins die feit en die

gevolge van die sondeval verdiskonteer

nie.

Die Belydenis

Dit bring ons by die kwessie van die

Belydenis. Proff. Moraal en Reynecke

maak in dié verband twee stellings.

Hulle verklaar aan die een kant dat

die belydenisskrifte “ons onderlinge

geloofsafspraak met mekaar ... bevestig,

want die belydenisskrifte is ons

afgesproke, gesamentlike interpretasie

van die Skrif”.

Aan die ander kant sê hulle: “Die insigte

wat in die NGB ingeskryf is, was

riglyne en geloofsafsprake vir daardie

tyd. Dit was 100 jaar vóór Newton se

meganika en dus gewortel in ’n klassieke

en Middeleeuse, wetenskaplike wêreldbeeld.

Behalwe Newton se meganika het

ons daarna ook nog Einstein se korreksie

daarop gesien, en die ontwikkeling

van die moderne kosmologie en die evolusionêre

biologie beleef. In die lig hiervan

moet ons oor ons geloofsafsprake

oor die natuurkennis herbesin.”

Hierdie twee stellings is direk in stryd

met mekaar, en kan dus nie albei

waar wees nie. Veral die tweede stelling

is uiters problematies. Ons aanvaar

die Belydenisskrifte, omdat dit in

ooreenstemming is met die Woord

van God (die Griekse woord vir belydenis

beteken “om dieselfde te sê”),

en nie omdat dit ’n bepaalde wêreldbeeld

of wetenskaplike teorie vertolk

nie.

2010

julie

• diskussie-artikel•

Die Belydenis kan daarom alleen verander/uitgebrei word as daar vanuit die

Skrif aangetoon kan word dat die kerk die Skrif verkeerd verstaan of nagesê

het.

Neutrale wetenskap?

’n Laaste opmerking het betrekking op die volgende stelling van proff. Moraal

en Reynecke: “In hierdie proses, dit wil sê in die alledaagse beoefening van die

natuurwetenskappe, is daar nie geloofsaspekte nodig nie, omdat die metodes van

die wetenskap gebruik word.”

Die vraag kan myns insiens gevra word of so ’n stelling nie weer die debat

van ’n sogenaamde neutrale wetenskap op die tafel bring nie. Dit word vandag

al hoe meer aanvaar (wat wetenskaplikes aan die destydse PU vir CHO en

hopelik vandag aan die NWU steeds gehandhaaf het) dat alle wetenskapsbeoefening

vanuit bepaalde voorveronderstellings (denkraamwerk, lewensbeskouing)

geskied.

Wat ’n Gereformeerde natuurwetenskaplike betref, behoort hierdie voorveronderstellings,

in die lig van die onderhawige gesprek, veral die volgende te

wees:

Die Drie-enige God het deur sy Woord alles geskep in die ryke verskeidenheid

daarvan.

Die Bybel is die onfeilbare Woord van God.

Die mens is in ’n afsonderlike skeppingsdaad deur God as sy beelddraer

en as kroon van sy skepping geskape.

Van hierdie “geloofsaspekte” kan ’n gelowige wetenskaplike hom/haar nie

losmaak sonder om geloof en wetenskap van mekaar te skei nie. DK

• Die Kerkblad • 25