02.05.2013 Views

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

dan beter weet hoe om die Woord van God ook sigbaar

in brood en wyn vir die gemeente te bedien? Bykans 110

lidmate het by die tafel verbygegaan en van die brood

geëet en van die wyn gedrink – ’n herinnering aan die

soendood van en verlossing deur Jesus Christus.

Die erediens is afgesluit deur ds. Dirk Kotzee. Sy eerste

tree as predikant in die GKSA, maar veral sy eerste woorde

as die herder en leraar van die Geref. Kerk Sanveld.

Hy het voorgelees uit 2 Kronieke 1 met die klem op Salomo

se gebed in vers 10: “Gee my nou wysheid en kennis dat

ek hierdie volk reg kan lei, want wie kan uit homself hierdie

groot volk van U regeer?”

En, ja, sonder wysheid sal dit nie moontlik wees om

God se kinders te bedien in hierdie omvangryke en uitgestrekte

gemeente nie – 155 belydende lidmate en 419

dooplidmate, met nog meer as 400 wat gereeld eredienste

bywoon en moontlik nog die pad saam met hom sal stap

om gedoop te word en gekatkiseer te word; die meeste

werkloos en dié wat werk, verspreid op plase; ’n volk vasgevang

in armoede en moderne Westerse euwels. Hiervoor

vra ds. Dirk wysheid as hy sê: “Wysheid is nodig om

die regte dinge te sê, die regte dinge te doen en om reg te

lewe. God is in beheer. Hy gee uit sy genade. Hy sorg en

versorg. Hy voorsien. Ons is ’n gemeente deur Hom bymekaar

gemaak; daarom vra ons Hom vir wysheid. Niks is

uit ons eie nie, maar deur die krag van die Heilige Gees.”

2010

julie

• van oraloor •

Laaste aan die woord was oudl. Thomas Tsebe wat

namens die Geref. Kerk Sanveld se lidmate hulle dominee

verwelkom het. Hy het verwys na Eksodus 3:7-9 toe hy

sê: “Soos Israel van ouds het die San ook gebid, gevra

vir ’n herder. En dieselfde God van ouds het ook vir ons

geantwoord. Ons is dankbaar, ds. Dirk, dat jy die beroep

na ons aanvaar het, dat jy nie soos Moses destyds eers

met ’n klomp verskonings gekom het nie. En, ds., mag

ons maar byvoeg dat hier darem nie Egiptenare onder

ons is nie!”

Op dié ligter noot is ds. Dirk ook deur ’n sanggroep

welkom ge-sing waarna hy ’n dankwoord gerig het. Die

nuwe herderspaar het elke lidmaat by die deur gegroet

voordat daar vir middagete weggelê is aan ’n heerlike geil

vlakvark-potjie.

Almal weet hier is nog groot werk, maar almal weet

ook dat God self hier aan die werk is. Daarom, hoewel

ons dankie sê aan almal wat bygedra en gehelp het tot by

hierdie besondere mylpaal, is ons dank eintlik gerig aan

ons Hemelvader wat elke gelowige in sy beskerming toevou

en versorg. Hierdie bevestiging het immers plaasgevind

op die Sondag waarop Pinksterdag herdenk is – die

dag waarop die opdrag aan die apostels ondubbelsinnig

duidelik was om die evangelie onverskrokke in alle tale

oop te breek en te versprei – God se genadedag – die

Geref. Kerk Sanveld se genadedag! DK

Vulling van drie poste in die Fakulteit

Teologie / Teologiese Skool

Drie poste kan aan die einde van die jaar

vakant raak, onderskeidelik in Ou Testament,

Praktiese Teologie en Dogmatiek. Die pos in Ou

Testament raak vakant omdat, in oorleg met die

Kuratore, prof. Herrie van Rooy op versoek van

die NWU oorgeskuif word na ’n navorsingspos

met die oog op die bestudering van tekste in

Grieks, Latyn en Semitiese Tale, met inbegrip van

die Bybel en die Ou Vertalings daarvan. Die poste

in Praktiese Teologie en Dogmatiek: Die huidige

posbekleërs, proff. Ben de Klerk en Callie

Coetzee, het vanjaar 65 jaar oud geword. Hulle

tree dus aan die einde van die jaar by die NWU

af, en kan ook kerklik emeriteer – in welke geval

die poste vanaf 1 Januarie 2011 vakant is.

Op versoek van die Fakulteit Teologie word

hierdie drie leerstoele deur beroeping gevul. Die

Ooreenkoms tussen die GKSA en die NWU bepaal

dat die NWU oor die aanstelbaarheid en

posvlak (senior lektor, medeprofessor, professor)

van elke kwalifiserende persoon besluit. Die posprofiele

vir die drie poste is tydens die Junie-Kuratorevergadering

goedgekeur, en reeds aan al die

lede van die Beroepingsvergadering van die GKSA gestuur. Die lede van die Beroepingsvergadering

kan aan die hand van die posprofiel vóór 6 Augustus kandidate voorstel, met ’n duidelike motivering, ’n

volledige CV van elke voorgestelde kandidaat, asook ’n voltooide NWU-aansoekvorm.

Die name van kwalifiserende predikante kan ook langs ’n ander weg op die tafel van die Senaat-

TSP kom: die NWU-advertensie vir elke pos, asook die NWU-aansoekvorm kan opgevra word by mev.

Antoinett Moerdyk (Antoinett.Moerdyk@nwu.ac.za). Die aansoekvorm met die nodige bylaes moet

elektronies aan mev. Moerdyk gestuur word voor of op 6 Augustus 2010. Enige verdere navrae kan

gerig word aan die dekaan-Teologie, prof. Fika J van Rensburg (Fika.JanseVanRensburg@nwu.ac.za)

of aan die rektor-TSP, prof. Jorrie Jordaan (Gert.Jordaan@nwu.ac.za).

Die Teologiese Senaat het die verantwoordelikheid om ná 6 Augustus ’n gemotiveerde naamlys as

aanbeveling aan die Kuratore-Dagbestuur voor te lê. Hierdie lys van name word (in terme van punt 2.1

van die Ooreenkoms) aan die NWU voorgelê om uitsluitsel oor die aanstelbaarheid van elke persoon

te gee, asook die posvlak waarop die persoon ná beroeping deur die NWU aangestel sal word. Met die

oog hierop voer ’n NWU-onderhoudpaneel met elke kandidaat vir elke pos/leerstoel ’n onderhoud. Die

onderhoudpaneel bestaan onder andere uit die rektor-TSP, viserektor-NWU, die dekaan-Teologie, die

betrokke skooldirekteur, die navorsingsdirekteur, ’n kundige professor uit die vakgebied, ’n kurator, en

’n NWU-Mensehulpbronpraktisyn.

Die Kuratore-Dagbestuur beveel ’n finale lys by die Kuratore aan, met die nodige motivering,

asook die uitslag van die onderhoude deur die NWU-paneel. Hierdie finale, gemotiveerde naamlys

word deur die Kuratore aan die Beroepingsvergadering voorgelê, wat dan op die gebruiklike wyse die

beroep uitbring.

Die Beroepingsvergadering word beplan vir DV Donderdag 18 November 2010 (die dag ná die

Kuratorevergadering), om 08:30 – in Potchefstroom.

• Die Kerkblad • 33

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!