02.05.2013 Views

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

omdat die Zwemstras in Suid-Afrika

was vir die geboorte van hulle derde

kind, en die skrywer klasse gaan

aanbied het.

Covenant College is ’n kollege met

’n verskil. Bo en behalwe die feit dat

studente hier in die teologie opgelei

word, word hulle ook geleer “to farm

God’s way”. Studente ontvang

opleiding in veral die plant van

mielies, maar ook veekuddebestuur,

konyntelery, eierproduksie,

tonnelbedryf en vele ander fasette

vir gekonsentreerde voedselproduksie.

Hierdie kennis kan hulle dan

terugneem na hulle “villages” en so

bydra tot armoedeverligting.

Die studente by Covenant (almal

reeds “pastors” in hulle onderskeie

kerkverbande – wat wissel van

Pinkster tot Gereformeerd – en alles

tussenin) is baie toegewyd tot hulle

studie, en het ’n leerywer wat

uitsonderlik is. Elke oggend word

die dag begin met “devotions” wat

deur die studente self gelei word.

Psalms word lustig gesing (volgens

die Skotse tradisie) en voorbidding

word gedoen vir relevante sake.

“How do we know which is the

true church?”

Hierdie vraag is aan my gevra aan

die einde van ’n lesing. Omdat die

klas toe reeds amptelik verby was,

kon ek die vraag nie onmiddellik

beantwoord nie. In ’n land waar daar

soveel verskillende gelowe en

kerktradisies verteenwoordig is, is

dit ’n baie relevante vraag.

Ds. Molenaar het my versoek om te

preek by ’n nabygeleë kerkie (waar

een van die studente die pastor is).

Ek het ingestem en op grond van

bogenoemde vraag besluit dat ek

2010

julie

• van oraloor •

Psalm 23 en Johannes 10:1-18 as teks sal gebruik. Die oggend op pad na

Patmos Reformed Baptist Church (die amptelike naam van die gemeentetjie,

foto bo is van hulle kerkgebou) was my verbasing groot toe ek uitvind

die tolk daardie oggend is niemand anders nie as die student wat die vraag

gevra het (praat nou van God se voorsienigheid)!

Dit was vir my ’n groot voorreg om daardie oggend, met daardie skapies

van die Goeie Herder die goeie nuus te kon deel: die Goeie Herder “... roep

sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.” Reeds na die sondeval was dit

God wat na Adam en Eva geroep het terwyl hulle bewend van vrees in die

bosse geskuil het, geklee in vyeblare. Daarna het Hy sy skape geroep deur

die profete. Hier in Johannes 10 lees ons hoe die Seun van God, die Goeie

Herder, dit self doen.

Later het Hy die apostels gebruik, en vandag gebruik hy “pastors” (onderherders)

wat die skape moet leer: “So sê die HERE Here.” (Later het ek

verneem in die plaaslike taal [Nyanja] noem die mense hulle predikant of

pastor “Ambusa”, en dit beteken letterlik “herder” – APB). Vir die plaaslike

herder om te weet wat die Goeie Herder sê, moet hy leer wat die Goeie

Herder in sy Woord vir ons leer. Daarom het die Here Covenant College in

Zambië geplaas, sodat sy skape daar in Zambië die stem van die Goeie

Herder kan hoor, en hy hulle kan lei na waters waar daar rus is. Want: “Ek

het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook

lei en hulle sal na my stem luister en dit sal wees een kudde, een herder.”

Na die diens is twee sakke ongedopte grondboontjies, wat hulle self geplant

en geoes het, aan my oorhandig. Die vrug van die grond in Zambië

wat die Here vir hulle gegee het. Die boodskap is: “Wanneer jy hierdie bone

eet, dink aan ons hier in Zambië.”

“... een kudde, een herder.” Patmos Reformed Baptist Church Zambië;

Covenant College en die GKSA ...? Dink aan u broeders en susters in

Zambië. DK

• Die Kerkblad • 29

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!