02.05.2013 Views

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

te integreer dat hulle op alle gebiede die

mense se lief en leed kon deel en hulle

so nie net na Christus toe kon lei nie,

maar ook iets daadwerkliks van binne uit

kon doen aan die armoede en politieke

onderdrukking, asook kulturele verguising

van hierdie minderheidsgroep.

In die laat 1980’s het die Aranosgemeente

besluit dat hulle die sendingwerk

in Botswana genoegsaam afgerond het

om hulle te onttrek. Teen hierdie tyd was

Braam en Willemien reeds volledig ingegrawe

in dienswerk naas die evangelieverkondiging.

So het hulle die oortuiging

uitgeleef dat God van hulle verwag om

nie net sy Woord nie, maar ook alle gawes

wat nodig is om mense ’n lewe van gelykwaardige

aanvaarding en selfstandigheid

te laat lei, aan te wend. Uit hierdie

oortuiging en benadering het die Kuru

Projects ontstaan. In die begin (vanaf

1983) is daar gekonsentreer op kleuterskoolonderwys

en opleiding, groenteboerdery,

looiery en leerwerk, en ander

handwerk vir die gemeenskap van D’Kar,

en teen die laat tagtigerjare is die plaas,

oorspronklik gekoop en aan Aranos geskenk

deur mnr. Henry Lück, formeel aan

die kerkraad van D’Kar oorgedra. Dit was

die eerste voorbeeld van formele grondeienaarskap

deur San-mense, iets waarvoor

Braam hom sy lewe lank beywer het.

Braam het hom by die San se maniere

van kommunikeer, aangesluit om die

Woord vir hulle duidelik te maak. Die

Boesmans (ook genoem San) was ’n nasie

van storievertellers en kunstenaars, met

min formaliteit in hulle kultuur. Vir die

Naro-mense, wat geglo het dat die Skeppergod

hulle gemaak het, maar vanuit ’n

afstand betrag sonder daaglikse betrokkenheid

by hulle lewens, was die bodskap

van Jesus Christus as die brug na hierdie

God toe, ’n wonderlike en blye ontdekking,

en Braam het hulle bly aanmoedig

om ’n liturgie en kerkstruktuur te vind

wat hierdie waarheid sal bly kommunikeer

as sendende gemeentes na hulle eie mense.

Braam se styl van verkondiging was

dus vir die San betekenisvol en verstaan-

2010

julie

in dankbare herinnering ...

baar, met sy informele gebruik van visuele simbole en grafiese tekeninge, selfs soms

sketse in die sand, en die gebruik van drama in die erediens, ter wille van kommunikasie

van die geloof op die eenvoudigste en verstaanbaarste wyse. Hy het ’n

strokiesprent-kategismus ontwikkel om sy ongeletterde kerkraad mee te bemagtig,

en die jaarlikse Paasspel op Dekar, waarin die hele gemeente en later die hele

klassis van die Reformed Churches in Botswana deelgeneem het, het later ’n aantrekkingskrag

wyd en syd geword, waar meer as 1 000 mense jaarliks saamgetrek het vir

’n hele naweek om deel te neem aan die uitbeelding van die kruisgebeure en saam

Nagmaal gevier het om die opstanding jubelend te gedenk.

Die selfbewuswording van die Naro

Een van die belangrikste gebeurtenisse in die kommunikasie van die evangelie

vir die mense self was die aanmoediging om hulle eie Skrifberymings in die Narotaal

te doen, en in die erediens te sing. Die Naro-koor, wat vandag nog bestaan,

was terselfdertyd ’n simbool van bevryding en erkenning van hulle Godgeskape

uniekheid, want tot op daardie moment was die gebruik van ’n minderheidstaal in

die konstitusie van Botswana verbode. Braam het ook reeds in die tagtigerjare

begin om ’n ortografie vir die Naro-taal te ontwikkel. Die taak is later voortgesit

deur drr. Hessel en Coby Visser, en hulle werk het sedert 1991 op D’Kar gegroei

tot die toonaangewende projek in ’n minderheidstaal in Botswana, met die grootste

deel van die Bybel reeds vertaal, en ’n aantal Naro-Bybelvertalers opgelei om verder

aan te gaan. Hierdie projek het ’n reuse rol gespeel in die jarelange stryd om moedertaalonderrig

in Botswana aanvaar en toegepas te kry.

Die Kuru-projekte

Die werk wat die Kuru Development Trust gedoen het, het by die diakonale taak

van die gemeente aangesluit. Kuru beteken “Doen dit!” in Naro, maar ook in omtrent

ses ander San-tale. Kuru het op verskeie vlakke volgens ’n holistiese benadering

gewerk om die San-mense te help ophef. ’n Groot verskeidenheid projekte is aangepak

om inkomste te genereer en so die onbeskryflike armoede van die ontheemde Boesmans

aan te spreek: leerwerk, naaldwerk, tuinmaak, die handwerk-mark is ontwikkel,

onderwys op verskeie vlakke is aangespreek (die Bokamaso-kleuterskoolprojek het

teen 1988 reeds 15 kleuterskole bedien en onderwysers opgelei, en is vandag die

amptelik geakkrediteerde program van Botswana).

Braam en sy gesin het só intiem met die mense saamgelewe dat hulle selfs

maande op ’n slag in ’n grashut op ’n nedersetting gewoon het om die taal en

kultuur eerstehands te bestudeer. Dit het vir hulle duidelik geword dat hulle die

apatie en afhanklikheid alleen sou kon deurbreek as hulle die San bewus kon maak

van die waarde en unieke identiteit van hulle eie kulturele gawes, byvoorbeeld hulle

danse, taal, verhale en kuns, en die waarde van die bydrae van veld- en natuurkennis

uit die tradisionele jagter-versamelaarsbestaan in volkome harmonie met die natuur.

Met die oog hierop het die Kuru Development Trust ’n groot deurbraak gemaak

op die gebied van kultuur en kuns en die dokumentering van die San se geskiedenis.

’n Unieke (en deesdae wêreldbekende) kunsprojek is in die vroeë 1990’s begin,

asook ’n museum en kulturele sentrum wat ook die verskeidenheid danse, verhale

en spelvorme van die San-kultuur nagevors, bevorder en bekendgestel het. Hierdie

projekte was van die grootste faktore wat bygedra het tot groter begrip en aanvaarding

van die San se diverse en verrykende bydrae tot die Botswana-samelewing, en het

’n ommeswaai in gesindheid jeens dié volk tot gevolg gehad, en selfs gelei tot

oorgrens-nasiebou tussen die meer as 14 verskillende taalgroepe.

• Die Kerkblad • 41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!