02.05.2013 Views

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2010

julie

Personalia

Maandeliks wil Die Kerkblad die emerituspredikante, hulle eggenotes

en die emeritusweduwees wat 80 jaar en ouer is, gelukwens. Moses

bring in Psalm 90 die lewensjare van die mens in herinnering: “Die

getal van ons jare kan 70 wees, of as ons sterk is, 80.” Totius het dit in Psalm 90

berym: “Die sterkste klim ten hoogste tot die top van sewentig of tagtig jare op.” Ons wil in Julie 2010 die volgende susters en broeders

gelukwens:

Mev. AM (Anna) Scheepers (Koster) is op 2 Julie 84 jaar oud.

Sy was getroud met ds. GP Scheepers en hulle was die pastoriepaar

in die volgende gemeentes: Ermelo/Carolina/Barberton

(1948-1952); Matlabas/Drieviersboom (1952-1954); Thabazimbi/Matlabas/Drieviersboom

(1954-1961); Thabazimbi/

Drieviersboom (1961-1969); Thabazimbi (1969-1984).

Dr. CJ (Chris) Malan (Kleinmond) is op 3 Julie 81 jaar oud. Hy

het die volgende gemeentes bedien: Krugersdorp-Wes (1955-

1958); Boksburg (1958-1964); Oos-Londen (1964-1966);

Roodepoort (1966-1974); Pretoria-Brooklyn (1974-1978);

Noordbrug (1978-1994).

Ds JH (Hennie) Coetzee (Ellisras) vier op 11 Julie sy 84ste

verjaardag. Hy was herder en leraar in Edenvale (1960-1965);

Witbank (1965-1971); Alberton-Wes (1971-1981); en Magol

(1981-1991).

Mev. LJ (Louisa) van der Walt (Panorama Landgoed) herdenk

haar 84ste verjaardag op 17 Julie. Sy was getroud met ds. GL

Wel en wee

van der Walt en hulle het in die volgende gemeentes gedien:

Middelburg Tvl (1951-1953); Ermelo (1953-1955); Delarey

(1955-1976).

Mev. J (Jantje) Smit (Klerksdorp) verjaar op 19 Julie en is dan

84 jaar oud. Sy is getroud met ds. Kosie Smit en hulle het as

pastoriepaar gedien in Molteno (1955-1958); Queenstown

(1958-1965); en Ermelo (1966-1990).

Ds. JS (Koos) du Plooy (Potchefstroom) bereik op 20 Julie

die ouderdom van 80 jaar. Hy was predikant in Molteno (1959-

1964); Olifantshoek (1964-1976); Louis Trichardt (1976-

1982) en Bronkhorstspruit (1982-1995).

Mev. AC (Ans) van der Walt (Faunapark) is op 25 Julie 85

jaar oud. Sy was getroud met ds. MW van der Walt en hulle het

die volgende gemeentes bedien: Rustenburg-Noord/Elandskraal

(1950-1953); Belfast (1953-1955); Otjiwarongo (1955-

1958); Krugersdorp-Wes (1958-1966); Beestekraal (1966-

1971); Wonderboompoort (1971-1988).

Van harte geluk met u verjaardag hierdie maand. Ons bede is dat die dag vir u vol vreugde en geluk sal wees en dat die Here u ook in

u nuwe lewensjaar sal dra in sy Vaderhande.

Die Kerkblad wil graag die volgende egpare gelukwens met die

geboorte van hulle verbondskindertjies:

Ds. Innes en Hanlie Nagel van Nylstroom.

Dr. De Wet en Annerie Saaiman van Durban-Noord.

Ds. Dinant en Tanya Zwemstra van Vleuels (Bloemfontein).

Die Kerkblad het verneem dat ds. Pieter van der Walt van

Witrivier gehospitaliseer moes word vanweë ongesteldheid.

Die lesers van Die Kerkblad wil jou spoedige herstel en genesing

toebid. Mag die Here jou en jou gesin in hierdie tyd van

beproewing versterk en dra.

Die Kerkblad het ook verneem dat ds. Henk van Bemmel se

bejaarde vader onlangs na ’n lang siekbed en lyding in Pretoria

oorlede is. Mag u en u familie die vertroosting van die Heilige

Gees in hierdie tyd ervaar.

Ons het ook met hartseer verneem dat ds. Maarten Venter

van Potgietersrus-Wes se eggenote, Heidi, op 21 Junie oorlede

is. Ons dra hierdie gesin aan die Hemelse Vader op in ons

gebede.

BROEDERS EMERITI 51 JAAR IN DIE BEDIENING

Regstelling: Verskoning aan ds. Gideon du Plessis dat Die Kerkblad

hom verlede maand ’n Van der Walt gemaak het. Ds. Gideon du Plessis

is vanjaar 52 jaar predikant. Hy is in 1958 in die gemeente Roodepoort

as herder en leraar bevestig. Vervolgens het hy die gemeentes

Germiston (1966-1973), Witpoortjie (1973-1981), Wilropark (1981-

1997) bedien. Hy het in 1997 emeritaat aanvaar.

Daar is van die geëmeriteerde predikante wat vanjaar kan terugdink

aan hulle bevestiging in hulle eerste gemeente in die jaar

1959, 51 jaar gelede. Hulle is:

Ds. PA (Peet) Smit, wat as proponent in Groblersdal bevestig

is. Hy het ook Marble Hall (1961-1965), Barkly-Oos (1965-

1971), Bronkhorstspruit (1971-1981) en Daspoort (1981-

1997) bedien. Hy emeriteer in 1997.

Ds. PGL (Pieter) van der Walt, wat in 1959 in die gemeente

Noord-Durban bevestig is. Daarna bedien hy ook Bethulie

(1965-1970), Carletonville-Oos (1970-1976) en Naboom-

• Die Kerkblad • 47

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!