02.05.2013 Views

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Annatjie du Plessis (Grootfontein, Namibië)

2010

julie

Die krok in die

ganshok

• van oraloor •

Almal weet dat om predikant te wees, nie altyd maanskyn en rose is

nie, en dat ’n predikant maar soos ’n goeie herder agter sy skapies

moet aanloop, en soms die wolwe en jakkalse trotseer. Herder-wees

hou dus sy bepaalde risiko’s in.

Maar om gemeentelid te wees, wil vir my lyk, is ’n groot risiko. Ten minste

in die noorde van Namibië! So is my goeie, liewe, getroue herder en ek op na

Rundu toe vir die maandelikse bediening en besoek hy sy lidmate. Leonie du

Plessis en Ellen van den Berg is twee getroue lidmate wat ’n merkwaardige

opheffingsprojek onder die plaaslike bevolking op die oewer van die Kavango

op ware Christelike wyse bedryf. Hulle hoop is om die gemeenskap so te

skool en onderrig dat hulle eendag op hulle eie kan funksioneer en vir mekaar

sal kan sorg wat betref maatskaplike en geestelike sake.

Leonie, ’n regspraktisyn, is onder andere besig om mense op te lei om

ander se vorms, aansoeke en eise te hanteer. Ellen, die maatskaplike werker,

sien om na die versorging en opleiding van wesies, vigspasiënte en bejaardes.

Die gemeenskap moet onderrig word om na hulle eie mense om te sien. Op

die oog af lyk dit of alles voor die wind gaan, hulle het selfs van tyd tot tyd

vrywillige werkers uit Nederland wat kom hand bysit, soos Anke, wat nou in

die geselskap deel.

Wat Anke en haar familie uit Nederland egter nie besef het nie, is dat sy

nie net in die geselskap gaan deel nie, maar ook in die pret ... en in die risiko.

Want toe kom die rivier af, en hulle pragtige houtwoning, hoop op pale gebou,

op die oewer van die Kavango, word deur water omring. Meteens moet hulle

’n kilometer roei om aan wal te kom. En toe bel die dominee, hy kom huisbesoek

doen!

Baie wys besluit die vroue dat hulle maar vir huisbesoek moet uitroei, die

kilometer, die water en die roeispane sal opneem en die prediker op die oewer

sal ontmoet vir iets wat amper ’n nagmaal kon wees. Want met ’n broodjie in

elke hand en ’n beker koffie op die skoot, met die herder wat op die kano se

punt sit, word daar Bybel gelees en gebid. Ja, bediening in die noorde van

Namibië hou geen vervelige oomblik in nie! Maar dis waar die predikantspaar

se risiko eindig ... nie die gemeentelede s’n nie. Die onoorvertelbare storie

klink iets soos volg: die dames bring dikwels ure in die bootjies deur, want

moet hulle dan nie die honde, hoenders en ganse wat hulle eilandsbestaan

met hulle deel, soms uitroei na die vasteland om hulle sanitêre sake af te

handel nie? En iewers in een van hierdie prosesse duik oom Krokkie toe op

met sy lang tande en sy sluwe kyk in die oë.

Eers probeer die dames, wat glad nie grootwildjagters is nie, om op vredeliewende

wyse die vyand met die roeispaan af te weer, maar later moes hulle ’n

ernstige geveg op tou sit in die stryd om oorlewing. In die proses speel die

volgende toneel af: ’n boot wat omslaan, Ellen wat van onder die boot probeer

om die geweer in die lug te hou, en die ander wat die krokodil met die roeispaan

probeer tem.

En die wenner in die verhaal? Die gemeentelede wat probeer het om die

Bybel verkeerd te bewys. Want het Job dan nie gesê (Job 40:20): “Kan jy ’n

krokodil met ’n hoek vang en hom ’n

tou in die bek sit? Kan jy ’n lyn deur

sy neus steek of sy kakebeen met ’n

hoek vastrek? Sal hy by jou soebat

om genade of by jou mooipraat? Sal

hy ’n ooreenkoms met jou aangaan

of vir altyd jou slaaf wees? Sal jy hom

kan mak maak soos ’n voëltjie of kan

jy hom met ’n lyn vasmaak vir jou dogtertjies?

Sal handelaars oor ’n prys vir

hom kan kibbel? Sal hy onder kopers

verdeel kan word? Sal jy harpoene

deur sy vel kan gooi en hom met ’n

haak aan die kop kan vang? Pak hom

gerus met kaal hande: Jy sal die geveg

onthou, jy sal nie weer probeer

nie, jy sal die slegste daarvan afkom.

Wanneer jy hom sien, is jy al klaar

oorweldig.”

In Job 42:3 gaan Job sowaar nog

aan: “Ek wil nog verder praat oor die

krokodil, oor sy krag en sy liggaamsbou.

Wie kan sy bek oopmaak? Wie

kan met ’n toom naby sy tande kom?

Wie kan sy kakebene oopbreek, sy

kakebene met die verskriklike tande?”

En in vers 9: “As hy nies, spat die

vonke, sy oë is so rooi soos die daeraad.

Daar kom vuur uit sy bek, die

vonke waai deur die lug. Daar trek

rook uit sy neusgate soos uit ’n kokende

pot op die vuur ...” (Lees gerus

self verder voor jy ooit ’n krokodil aanvat.)

Hierdie aanhaling is net om te

sê: Hierdie dames verdien ’n medalje

vir dapperheid, en wanneer die herder

ooit met ’n jakkals, ’n wolf of ’n slang

naby sy kudde te doen kry, kan hy

hulle sekerlik nader roep vir hulp!

Vir meer inligting en die ware feite (want

’n goeie skrywer laat nooit toe dat ware feite

in die pad van ’n goeie storie kom nie), kontak

hulle by philadelphia@namibnet.com of

kyk op www.philadelphianamibia.org vir die

grusame detail. DK

• Die Kerkblad • 37

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!