02.05.2013 Views

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ydra tot ’n groter saak, naamlik tot verhoudings wat nie

spanning en bedreiging vir enige iemand inhou nie, maar

eerder ’n veilige hawe is.

Om sodanige verhoudings by die werkplek te skep, is die

groot uitdaging vir ’n Christen. Verhoudings wat werk, is

funksionele verhoudings. Funksionele verhoudings is verhoudings

wat ’n baie effektiewe instrument word waarbinne

en waardeur ander mense gedien en gebou kan word.

Wat is die besondere uitdagings van verhoudings

by die werkplek?

Om goeie verhoudings by die werk te handhaaf, vra doelbewuste

inspanning. Dit gebeur nie sommer vanself nie.

Dit is so omdat die werksopset dikwels anders is as ’n

luilekker, ontspanne opset. Daar word hard gewerk, dikwels

onder druk, met sperdatums. Dit alles bring spanning

mee en kompliseer die verhoudingsaspek. Spanning

wat deur een ding veroorsaak word, word dikwels op ’n

ander uitgehaal (die skop-die-hond-reaksie). Werkspanning

word dikwels in verhoudings afgewentel. Dit bring

mee dat ek endersyds ander se emosionele reaksie moet

verstaan en dit nie persoonlik opneem nie, maar andersyds

behoort ek ook versigtig te wees vir onbillike reaksies

van my kant af.

Selfbeheersing is telkens ’n oorwinning oor impulsiwiteit

en dit versterk ’n positiewe gevoel. Selfbeheersing is

moontlik deur die krag van die Heilige Gees (Gal 5:22; 2

Tim 1:7). So word werksverhoudings ’n oefenskool waardeur

ek sterker en sterker word.

Werksverhoudings behels ook naby-verhoudings vir baie

ure elke dag. Dit kan wedersydse respek en basiese ordentlikheid

laat taan. Dink maar hoe goedgemanierd mens

is as jy iemand vir die eerste keer ontmoet. Wanneer mens

gewoond is aan dieselfde persoon, kan daardie ordentlikheid

maklik agterweë bly. Om in ’n verhouding gemaklik

te voel, is belangrik, solank mens nie té gemaklik voel

nie. Baie ongewensde en skadelike verhoudings tussen

’n baas en sy sekretaresse het al so ontstaan. Behou altyd

daardie noodsaaklike afstand! Moenie te eie raak nie.

Anders as verhoudings binne ’n gemeente, is die verhoudings

by die werkplek ’n gulde geleentheid vir my om my

Christenskap te demonstreer en uit te spel. Waarskynlik

is nie almal by die werk gelowiges nie. Om jou lig in hulle

(waarskynlik donker) lewens te laat skyn, is dit nodig om

2010

julie

• fokusartikel•

vooraf ’n vertrouensverhouding te skep. Hulle gaan nie

luister na wat ek sê as hulle nie eers my motiewe ken en

vertrou nie. My geestelike integriteit moet duidelik blyk.

Daarom behoort ek eers deur my lewenstyl te praat voor

ek met my mond praat. Té gou praat is gevaarlik. Maar te

laat praat (of glad nie praat nie) is eweneens gevaarlik.

Aan die eenkant is vrypostigheid ’n strategiese fout, maar

net so is lafhartigheid en vrees vir persoonlike risikos ’n

manifestasie van gebrek aan geloofsmoed.

Mense by die werkplek wat ook Christene is, kan gewys

word op ons eintlike Werkgewer (Kol 3:23). So kan ’n

Christelike werkskultuur tot stand kom. My werkplek word

dan ’n deel van God se koninkryk – ’n plek waar Hy sy

vlag geplant het. Dan word die werk nie net ’n plek van

horisontale verhoudings nie, maar ook, en veral, van die

een vertikale verhouding waarsonder ons nie kan werk

en leef nie.

Een persoon kan die onderlinge gesindhede by die werk

bepaal deur reg en positief en liefdevol op te tree. Net so

kan dieselfde persoon, wanneer ander hom/haar onbillik

en afbrekend behandel, reg en liefdevol daarop reageer.

Is jy daardie persoon?

Onthou: dinge loop nie skeef wanneer ek verkeerd behandel

word nie, maar wel wanneer ek verkeerd reageer daarop.

Die beheersentrum bly dus by myself! En ek staan

onder die beheersing van die Heilige Gees (Gal 5:16).

Geniet jou werk! Dít gebeur wanneer jy nie alleen aan jou

werk werk nie, maar ook aan die verhoudings in die werkplek!

DK

• Die Kerkblad • 15

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!