02.05.2013 Views

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

volgens sy eie standaarde en eie doelwitte, neem die skeeftrekkings

van die sonde toe, en kan die mens die dinge van elke dag

al hoe minder geestelik onderskei.

Bybelse waarhede

Ons leer in die Bybel dat daar nie ’n verskeidenheid maniere is

om God te dien nie, of dat die een manier so goed en geskik is

soos die ander nie. Uit die Skrif leer ons dat enige gedagte of

optrede van die mens wat nie deur God gewil is nie, uit die

bose is. Daar is net EEN GOD en daar is net EEN MANIER

om korrek te lewe – en dit is GOD SE WYSE.

Die mens van vandag beskou die waarhede en waardes wat vir

die lewe geld, te maklik as relatief, as betreklik. Is sekere waardes

vir jou absoluut waar en geldend vir jou praktiese lewe? Of

kyk jy eers na die praktyk van die lewe en besluit dan oor die

toepassing van beginsels en norme?

Die lewe is nie een groot, grys gebied waarin die skakering van

grys net ietwat wissel van een gebeurtenis tot ’n ander nie. Dan

hoef jou standpunte nie ’n regte of ’n verkeerde te wees nie.

Dan is dit ook nie nodig om ’n waar of ’n vals vas te stel nie,

want in die lewe bestaan daar vir jou dan net skakeringe van

waar en vals, reg en verkeerd. Die pole hiervan rek jy dan so

ver uitmekaar dan jy nooit by ’n punt sal kom waar ’n ding

verkeerd of vals is nie. Jou skakeringe van grys laat jou altyd

toe om met jou standpunte regverdiging vir jou dade te kry.

Indien daar nie tussen waarheid en valsheid onderskei kan word

nie, of tussen reg en verkeerd, of goed en sleg, dan is dit onnodig

om geestelik te onderskei. Jy kan alleen geestelik onderskei as

daar ’n skerp skeiding is tussen reg en verkeerd, waar en vals,

goed en sleg.

Onderskeiding is nodig

In die Bybel is teëstelling baie belangrik, want in die Bybel

gaan dit om God se gedagtes teenoor die gedagtes van Satan.

Daarom is geestelike onderskeidingsvermoë nodig om God se

gedagtes en wil te kan onderskei van alle ander gedagtes. Omdat

Satan met sy leuens, onreg, valsheid en sondeverleiding teenwoordig

is, was dit van die begin af vir die mens nodig om te

onderskei tussen goed en kwaad.

♦ Adam en Eva moes onderskei en kies tussen die twee bome

wat in die middel van die tuin gestaan het (Gen 2:9).

2010

julie

• redaksioneel •

♦ Weldra sou die mens moes onderskei en kies tussen die

twee lewenspaaie waarvan Psalm 1 so duidelik vertel.

♦ Daar moet onderskei word tussen lewe en dood, ewigheid

en hel, lig en duisternis, die koninkryk van God en die koninkryk

van Satan.

Gelowiges is verplig om te onderskei tussen die geeste. Die

volle lewe van die mens is godsdiens (Pred 12:13; 1 Kor 10:31;

Kol 3:17; 1 Pet 4:11). Daarom is dit ’n voltydse verantwoordelikheid

om te bly onderskei.

Die bron van waardes

Geestelike onderskeiding is net moontlik as die Gees van God

die vermoë daartoe gee. In 1 Korintiërs 2:6-15 skrywe Paulus

oor die Gees van God wat teenwoordig is in die hart van die

gelowige en die betekenis daarvan. Dan kom Paulus tot die

slotsom: “Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde

van alle dinge beoordeel” (vs 15). Geestelike onderskeidingsvermoë

is ’n Godgegewe vermoë. CNM

• Die Kerkblad • 7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!