02.05.2013 Views

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Julie 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2010

julie

LIEF en LEED

DOODSBERIG

Gert Pieter Snyman: Die kerkraad met die gemeente van die Geref. Kerk Primrose kondig met leedwese aan die afsterwe van

Gert op 6 Mei 2010. Ons bede is dat die Here sy familie ryklik deur sy Heilige Gees sal troos met die belydenis dat ons enigste troos in

lewe en in sterwe is dat ons aan ons getroue Saligmaker Jesus Christus behoort.

IN MEMORIAM

Johanna Heystek: Op 13 Junie 2010 was dit reeds agt jaar sedert sy oorlede is. Ons onthou haar en eer die Here vir die genadevoorbeeld

in haar aan ons geskenk. Joost, Rolien, Fanus en Pieter.

BEROEPE

Beroepe ontvang

➠ Ds. TJ Potgieter van Port Elizabeth na Graaff-Reinet.

➠ Ds. HW Schutte van De Aar/Strydenburg/Oranjerivier-kombinasie

na Noord-Oosrand.

➠ Ds. JC van Dyk van Ventersdorp na Meyerton.

➠ Dr. ALA Buys van Pietersburg-Noord na Innesdal.

Beroepe aanvaar

➠ Ds. LP van Jaarsveld van Uitschot/Delareyville/Sannieshofkombinasie

na Brakpan-Suid.

Beroepe bedank

➠ Ds. JC Aucamp van Kuruman na Noord-Oosrand.

➠ Dr. J Pretorius van Linden na Krugersdorp-Oos.

➠ Ds. DP Prinsloo van Outjo/Otjiwarongo/Biermanskool-kombinasie

na Innesdal.

➠ Ds. TJ van Vuuren van Heilbron na Klerksdorp-Noord.

BEVESTIGING

Die kerkraad van die Geref. Kerk Naboomspruit het op 12 Junie

2010 saam met deputate van Klassis Waterberg vergader, en

verklaar hiermee dat ds. LJ (Lou) Erasmus behoorlik volgens die

formulier wat daarvoor vasgestel is, as bedienaar van die Woord

in hierdie kerk bevestig is, en dat die daarby behorende stukke

onderteken is. Ons bede is dat die Drie-enige Verbondsgod hierdie

broeder tot ’n groot seën sal maak in die diens waarin Hy hom

gestel het.

ADRES- EN TELEFOONNOMMERVERANDERINGS

➠ Ds. Wilhan Jobse: tel. 045 971 0662.

GEREF. KERK ESTCOURT SLUIT SY DEURE

Die Geref. Kerk Estcourt het ook nou sy deure gesluit vanweë

lidmate wat te min geword het. Ons is jammer dat ons sover

moes gaan, ons het geen keuse gehad nie.

Ons is dankbaar teenoor ons Skepper wat ons die geleentheid

gegee het om vir meer as 50 jaar as kerk in Estcourt te kon bestaan.

Ons is dankbaar dat sy evangelie nog in ons land met groot seën

op die KERKWERF

verkondig word. (CH Jacobs – skriba)

KLASSIS- EN STREEKSINODE-OPROEPE

KLASSIS KWAZULU-NATAL-SUID: The Reformed Church

KwaMncane as calling church would like to call all the church councils

to the classis meeting which will be taking place at KwaMncane

on the 7th September 2010 at 09:00. For directions, please call

rev. JP Sithole on 084 477 3570 / 083 477 3587.

KLASSIS BOLAND: Klassis Boland word opgeroep om DV op

Dinsdag 14 September 2010 om 09:00 in die kerkgebou van die

Geref. Kerk Strand te vergader. Kredensiebriewe moet die Roepende

Kerkraad (Strand) voor 14 Junie 2010 bereik.

Alle beskrywingspunte en beswaarskrifte moet voor of op 14

Junie 2010 ingedien word by die Korresponderende Kerkraad. Alle

deputaterapporte en verslae van gemeentes moet die Korresponderende

Kerkraad voor 14 Junie 2010 bereik (Posbus 66, Sanlamhof

7532; e-pos piet@polka.co.za).

KLASSIS NOORDWES: Klassis Noordwes word opgeroep om

DV op Dinsdag 10 Augustus 2010 om 09:00 te vergader in die

gebou van die NG Kerk Christiana, h/v Dirkie Uys- en Robynstraat

(ons ontvang u vanaf 08:30).

Alle stukke vir die agenda moet die Korresponderende Kerkraad

bereik per e-pos by gerefkerkvryburg@gmail.com, of Posbus

231, Vryburg 8600 nie later as 16 Julie 2010 nie. Kredensiebriewe

kan per e-pos gestuur word na hennie@gksa.co.za of gefaks word

na 086 600 8070 of gepos word na Posbus 169, Christiana 2680

voor 5 Augustus 2010. Name van ouderlinge wat beskikbaar is vir

afvaardiging na die Streeksinode Noordwes (DV 23 November

2010 te Vryburg) moet op die dag van die vergadering by die moderamen

ingehandig word.

PROPONENTE WAT BEROEPBAAR IS

➠ HM (Herens) Nkoana.

Sel. 083 765 1354. E-pos: nkoana@gmail.com

Gee asseblief alle inligting in verband met beroepe deur aan Wymie

du Plessis, Administratiewe Buro, tel. 018 297 3986, faks 018 293

1042 of e-pos wymiedup@gksa.co.za.

• Die Kerkblad • 49

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!