Tydskrif April 2010.p65 - CJBF
Tydskrif April 2010.p65 - CJBF
Tydskrif April 2010.p65 - CJBF
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
- brandpunt - Prof. A le R (Dries) du Plooy (Teologiese Skool)

Die Gereformeerde ekumeniese wêreld ...

en die Belharbelydenis

Binne die GKSA is daar geen sinode wat oor die Belharbelydenis

'n besluit geneem of standpunt gestel het nie. Die

rede daarvoor is waarskynlik daaraan toe te skryf dat die

ontstaan, die reaksie daarop, asook die polemiek wat dit

uitgelok het, primêr 'n saak binne die NG Kerkfamilie is.

Dit het nou egter nodig geword om indringend daaraan

aandag te gee en ons te vergewis oor die vraag of dit naas

die Drie Formuliere van Eenheid 'n gelykwaardige en nodige toevoeging tot

die belydenisskat van die gereformeerde kerke in die wêreld behoort te wees.

Daar is veral twee groot redes waarom die Belharbelydenis ons aandag

behoort te geniet

• Eerstens raak dit die eenheid binne die NG Kerkfamilie, maar ook alle

gereformeerde kerke wat dieselfde belydenisskrifte of aanverwante belydenisskrifte

handhaaf. Die GKSA is oor baie jare betrokke in 'n kerklike gesprek

oor eenheid (bv. eers binne die TKK of Tussenkerklike Kommissie, en nou

die TKR of Tussenkerklike Raad) met sowel die NG as NH Kerke betrokke.

Later is hierdie gesprek na die APK uitgebrei.

As Gereformeerde kerklike gemeenskappe (bedoelende bv. die GKSA, die NGK,

die NHK, die APK, die VGKSA of die Verenigende Geref. Kerke in Suid-Afrika,

ens.) met ons gemeenskaplike reformatoriese tradisie en gemeenskaplike

belydenisskrifte het ons almal belang by die saak, omdat dit oor ons gemeenskaplike

gereformeerde leer en belydenis gaan, veral wanneer daar binne die

tradisionele gereformeerde kerklike wêreld die moontlikheid bestaan dat een

of meer Kerke (denominasies) dit aanvaar en ander nie.

Binne die NG Kerkfamilie is daar sterk uiteenlopende standpunte oor die

formele aanvaarding daarvan as volwaardige belydenisskrif. Op versoek van

die TKR het daar om hierdie rede sedert 2009 'n indringende gesprek hieroor

begin plaasvind.

• Tweedens het daar op die gereformeerde ekumeniese niveau ook aktiewe

belangstelling gekom oor die Belharbelydenis. Sonder om volledig te probeer

wees, verwys ek hier slegs na die Christian Reformed Church of North America

(CRCNA) wat, net soos die Reformed Church of America (RCA) (eersgenoemde

het in 1857 van die RCA afgeskei) in 2009 baie positief gereageer het op die

aanvaarding van die Belharbelydenis.

Die RCA het dit ná 'n tyd van oorweging in 2009 volledig as belydenisskrif

aanvaar. Die CRCNA het in 2009 voorlopige ondersteuning daaraan gegee, en

besluit om in 2012 finaal daaroor te besluit; EN verder is besluit om kerke

met besondere bande met hulle te versoek om hulle daaroor uit te spreek en

hulle standpunte daaroor mee te deel.

Ontstaan van die

Belharbelydenisskrif

Die Belharbelydenis het in 1982 binne

die voormalige NG Sendingkerk

(hoofsaaklik onder kleurlinge) in

konsepvorm ontstaan, en is in 1986

as amptelike belydenisskrif aanvaar.

In 1994, met die samesmelting van

die NG Sendingkerk met 'n gedeelte

van die NG Kerk in Afrika, tot die Verenigende

Geref. Kerk in Suid-Afrika

(VKGSA), is die Belharbelydenis as

een van die amptelike konfessies

naas die ekumeniese belydenisskrifte

en die Drie Formuliere van Eenheid

aanvaar.

Die vernaamste rede vir die ontstaan

van die Belharbelydenis is volgens die

NG Sendingkerk (oftewel die VGKSA)

die NG Kerk se teologiese regverdiging

van apartheid as politieke sisteem,

wat deur eersgenoemde op

voetspoor van die besluit van die

WBGK (Wêreldbond van Geref. Kerke)

wat in 1982 in Ottawa vergader

het, tot 'n teologiese kettery verklaar

is.

In reaksie daarteen het die NG Sendingkerk

hulle verplig gevoel om tot

hierdie daad van belydenis oor te

gaan.

Hoe lyk die Belharbelydenis?

Die Belharbelydenis bestaan uit vyf

artikels, waarvan artikels 2-4 die kern

vorm.

• Artikel 1 handel oor die Drie-enige

God wat sy kerk deur sy Woord en

Gees versamel, beskem en versorg.

• Artikels 2-4 fokus op aspekte soos

eenheid, versoening en geregtigheid.

10 • Die Kerkblad April 2010 •