02.05.2013 Views

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ds. HS (Fanie) Coetzee (Potchefstroom-Noord)

SIMONSOORD -

’n tuiste vir spesiale

mense

- van oraloor -

Dit is nou reeds byna vier jaar gelede dat ons berig het van die projek

om 'n huis op te rig vir die versorging vir Simon Coetzee en ander

nie-selfversorgende mense. Soos met so baie dinge kyk ons vandag terug

oor die tydperk van die Here se genadige versorging. Die Here was goed vir

Simonsoord en sy inwoners.

Ter agtergrond gee ons weer kortliks die geskiedenis weer: Simon is 'n

serebraal- en verstandelik gestremde jong man van 23 jaar oud. Die aard van sy

gestremdheid is so dat hy vir die res van sy lewe van ander afhanklik gaan wees

vir versorging. Omdat daar in Potchefstroom nie permanente verblyfmoontlikhede

vir mense met soortgelyke gestremdhede is nie, is daar in Mei 2006 in

die geloof en met die verantwoordelikheid wat die Here aan sy mense gee, tot

die daad oorgegaan om Simonsoord op te rig.

Hoewel Simonsoord deur 'n onafhanklike trust bedryf word, is die gemeentes

van Potchefstroom-Noord en Noordbrug indirek by die projek betrokke. 'n Huis word gehuur en tans is daar drie

permanente inwoners in die huis. Teen die einde verlede jaar het, om verskillende redes, drie inwoners ander verblyf

gekry. Dit beteken dat ons weer plek het vir nog drie permanente inwoners. Daar is ook twee kinders wat dagsorg

ontvang en verder word daar vir korter tydperke mense gehuisves.

'n Inwonende huismoeder met twee dag- en een nagversorger lewer onbaatsugtige liefdesdiens. Ons is geseënd

met betroubare personeel wat toegewyd en liefdevol na die inwoners omsien. Hoewel daar geen formele onderrig

aangebied word nie, werk ons nou saam met die ES le Grange Skool vir spesiale onderwys. By Simonsoord self word

daar moeite gedoen om die inwoners wat nie meer skool kan bywoon nie, georganiseerd te stimuleer en die lewe vir

hulle op te vrolik.

Ons kyk vandag terug met groot dankbaarheid vir die Here se voorsiening op finansiële en ander terreine. Hy

gebruik sy kerk en baie gelowige mense om met konkrete liefde 'n verskil te maak in mense se lewens. Ons dank Hom

vir elkeen wat Hy op een of ander manier gebruik het en in kontak met ons gebring het.

Indien u by die projek betrokke wil raak of indien daar navrae is oor moontlike inwoners kan u met Fanie Coetzee

(084 378 9173) skakel.

(Spaarrekening Absa Tomstraat; rek. nr 9181834383)

• Die Kerkblad April 2010 • 43

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!