02.05.2013 Views

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Stellenbosch Eerstejaarskamp

- ’n spesiale ervaring!

Christiaan Buys skryf ...

Op 9 Januarie het 'n groep verwarde en

opgewonde eerstejaars en die groepleiers

op Stellenboschfontein aangekom (25 in

totaal). Dis te veel om 'n detailverslag oor elke

oomblik te gee, jy moet eintlik maar self deel hê aan

die spesiale ervaring. Wat ek wel sal sê, is dat die

aktiwiteite paintball en absailing ingesluit het. Ek was

eers bietjie oorweldig deur die feit dat ons so min

was (ons Doppers is mos maar skaars in die Kaap!),

min wetende dat dit die geleentheid gebied het om

elkeen van my mede-eerstejaars asook die seniors

op 'n baie meer persoonlike wyse te leer ken eerder

as 'n groot klomp name en gesigte wat uiteindelik

ook maar net 'n naam en 'n gesig bly. Die

Eerstejaarskamp het my nie net blootgestel aan 'n

opregte sosiale kring nie, maar ook aan 'n

ondersteuningsnetwerk van geloofsvriende wat altyd

bereid is om 'n helpende hand uit te steek wanneer

dit moeilik gaan. Seker die belangrikste deel van die

kamp was die geestelike verryking. Die lesings was

treffend en toepaslik. Temas het ingesluit “verhoudings”,

“emosionele intelligensie”, “morele kwessies”,

“hantering van seerkry”, “leierskap” ensovoorts. Ek

glo elkeen van ons het in geloof gegroei en nader

gekom aan ons Skepper. Ons het die studentewêreld

betree, geestelik toegerus vir dié belangrike tyd in

ons lewens.

Die kamp was werklik 'n spesiale ervaring in elkeen

van die nuwe eerstejaars se lewens. 'n Spesiale

woord van dank aan die

groepleiers, ds. Johan van

Heyningen, oom André Venter wat sy plaas tot ons

beskikking gestel het, en ieder en 'n elk wat 'n rol

gespeel het.

Annemie Aucamp skryf …

Ek was baie opgewonde om die jaar met 'n

kerkkamp te begin. Ek het gehoop om ná die

kamp die moed en krag te hê om die jaar

saam met Christus aan te pak. Ek het nie net dit

gekry nie, maar soveel meer deur al die geestelike

groei. Ek het weer vastrapplek gekry om saam met

God en die mense om my 'n nuwe, meer opwindende

lewe te bou en hierdie persoonlike pad saam met

God te stap. Ek het besef van nou af hang al die

keuses wat ek gaan maak, van my verhouding met

God af. Dit het my rustig gemaak om met die ander

jong gelowiges te praat en te hoor dat almal onseker

is, en ook om by die senior studente van hulle

ervarings te leer en deel.

Deur die temas wat bespreek is, het ek ongelooflike

en baie kosbare raad en leiding gekry wat van

toepassing sal wees op die toekoms. Die eerlike

gesprekke het gelei tot groot saamkuier wat baie

spesiaal was, veral die bidbuddy's en persoonlike

gesprekke met die groepleiers. Ek het besef daar sal

altyd iemand omgee en help. Ek kan eerlik sê dat ek

great vriende gemaak het wat die pad sal saamstap!

40 • Die Kerkblad April 2010 •

DK

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!