Tydskrif April 2010.p65 - CJBF
Tydskrif April 2010.p65 - CJBF
Tydskrif April 2010.p65 - CJBF
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
- Skrifstudie -

Geloof en finansies

Die sabbat en die sabbatjaar

Die sabbat het 'n sleutelrol gespeel in die lewe van Israel as volk van die Here.

Eksodus 31:13 sê: “Dit is van geslag tot geslag 'n teken tussen My en julle

sodat julle kan besef dat Ek, die Here, julle vir My geheilig het.” Daarom moes

dit vir die volk 'n gewyde dag wees, werklik afgesonder vir die Here, en wee die een wat

dit nie doen nie! Vers 14 sê: “Hy wat dit ontwy, moet doodgemaak word. Wie op dié

dag werk, moet van sy volksgenote afgesny word.”

So is die volk met die sabbatgebod daadwerklik gestel voor die heilige God, die

almagtige Skepper wat in ses dae alles geskep en voltooi het, en op die sewende dag

gerus het. Daarmee is hulle tegelyk gestel voor hulle eie onvolmaaktheid, want wie kan

só werk dat hy sy eie werk in ses dae voltooi en dit kan bekostig om die sewende dag te

rus én sy werksmense en sy diere ook te laat rus? Die lewe is immers só veeleisend en

die mens só beperk in sy vermoë dat hy dit prakties gesproke nié kan bekostig om 'n hele

dag nie te werk nie!

Kan u dus dink watter geestelike impak God met hierdie gebod op die harte van sy

volk gemaak het?

Praktiese implikasies

Ons kyk nou veral na die praktiese implikasies van die sabbat, naamlik hoe die

beginsel van die sabbat neerslag gekry het in die sabbatsjaar en die jubeljaar wat ná

sewe sabbatsjare gehou moes word. Hierdie bepalings het die basis gevorm waarop

Israel sy sosiale en ekonomiese lewe in Kanaän moes bou. Verder het die Here sy straf

oor die ongehoorsaamheid van die volk ook bereken in terme van sabbatsjare, maar dan

as verlore sabbatsjare! Levitikus 26 sê: “Wanneer die land verlate lê en julle in julle

vyande se gebied is, sal die grond uiteindelik sy verdiende rusjare kry. Dan sal die land

rus en die verlore sabbatsjare inhaal. So lank as die land verlate is, sal dit die rus kry wat

dit om die sewe jaar moes gekry het, maar nooit gekry het toe julle dit bewoon het nie.”

2 Kronieke 36 sê van die ballingskap wat oor die volk gekom het met die val van

Jerusalem: “Die ballingskap het aangehou totdat die land vir sy sabbatsjare vergoed is.”

Die hele tyd dat die land woes gelê het, het dit 'n sabbatsrus geniet, 'n volle sewentig

jaar.”

Die beginsel van die sabbat

Israel het vir die eerste keer kennis gemaak met die beginsel van die sabbat toe die

Here begin het om vir hulle manna te gee nadat hulle eie padkos opgeraak het. Dié kos

was in baie opsigte méér as net kos vir die liggaam. Dit was immers kos waarvoor hulle

nie gewerk het nie hulle moes net die manna, wat die Here so wonderlik voorsien het,

gaan optel en daarmee handel soos wat Hy vir hulle gesê het.

Tweedens het die manne hulle elke dag voor die geweldige feit geplaas dat dit die

Here is wat vir hulle in die onherbergsame woestyn sorg, want volgens Josua 5 het die

manna dieselfde dag opgehou waarop hulle die eerste keer van die opbrengs van Kanaän

te ete gekry het. Verder het die Here met swaar strawwe ingegryp wanneer die volk sy

kosbare gawe van die manna nie na waarde geskat het nie, en gehunker het na die

vleispotte van Egipte. So was die manna inderdaad baie méér as net kos vir die liggaam.

Daarom is dit so merkwaardig dat die volk se eerste kennismaking met die beginsel

van die sabbat juis was in die wyse waarop God die manna voorsien het. Op hierdie

manier het die Here hulle ook goed voorberei om vir hulle by Sinai die groter prentjie

Ds. DHP (Dirk) Wijnbeek (Steynsburg)

van die sabbat te gee in die vierde gebod

en die ander wetgewing wat met die vierde

gebod verband hou.

Die rus van God

Van al die wetgewing wat verband gehou

het met die sabbatsgedagte, het veral

die bepalings van die sabbatsjaar en die

jubeljaar 'n daadwerklike impak op hulle

lewe gemaak, en het dit by uitstek aan die

lig gebring wat dit beteken om deel te hê

aan die rus van God. Want in die sabbatsjaar

moes al die landerye en die wingerde

vir 'n hele jaar aan produksie onttrek word,

omdat daar in daardie jaar nie geplant en

geoes mag word nie. Dán voel jy iets van

die rus waarvan die vierde gebod praat!

Dis ook nie dat jy maar net 'n tipe wisselbou

kon toepas waarin landerye om die

beurt in 'n siklus van sewe jaar kon rus, en

jy intussen nog steeds kon aangaan op dié

lande wat daardie jaar nie aan die beurt

kom nie. Volgens Levitikus 25:4 moes die

hele land in die sabbatsjaar 'n rustyd hê.

Vers 6 sê: “Dit moet vir julle 'n jaar van

algehele rus wees.” Dit het ook beteken

dat niemand in die sabbatsjaar vir homself

'n inkomste kon genereer nie, en as daar

nie 'n inkomste is nie, kan daar vir daardie

jaar ook nie afbetalings van skuld wees nie.

In die jubeljaar moes alle skulde afgeskryf

word, en elkeen sy grond terugkry wat hy

oor die jare vanweë teenspoed of ander

redes verloor het. Waar dit by die weeklikse

sabbat maar net oor een dag gaan, en dat

jy nie op daardie een dag mag aangaan

met jou werk nie, gaan dit by die sabbatsjaar

en die jubeljaar om sulke ingrypende

reëlings dat 'n mens dit werklik kan voel en

wat die hele lewensopset raak! Dán word

die rus van God, waarvan die vierde gebod

praat, werklik iets om oor te dink en 'n rus

wat jy beleef en alles en almal verkwik!

Laat mens anders dink

So laat die Here jou met die saak van

38 • Die Kerkblad April 2010 •