02.05.2013 Views

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

• Eerstens is met hierdie opmerking die gesag van God se Woord afgebreek,

want die indruk is geskep dat jy daaroor kan redeneer en oordeel, en

selfs 'n ander betekenisinhoud daaraan kan gee. Jy hoef dit nie te verstaan

soos wat jy dit van God ontvang het nie.

• Tweedens is God se karakter aangetas. God het nie die waarheid gepraat

nie, en Hy dra nie werklik die mens se belange op die hart nie, want Hy wil

iets wat vir die mens goed en aangenaam is, van hom af weghou.

• Derdens is die indruk geskep dat die mens sal kan wegkom met sy sonde,

dat hy die oordeel van God sal vryspring, en nie sal sterf soos God gesê het

nie.

• En vierdens is die verwagting geskep dat die mens soos God sal wees

deurdat hy alles sal kan ken. 'n Wonderlike nuwe wêreld sal vir hom oopgaan.

Dit alles het Eva daartoe gebring om opnuut na die verbode vrugte te kyk.

Dit was goed om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis

kon gee (3:6). Satan versoek 'n mens nie met minderwaardige, onaantreklike

“vrugte” nie, maar met iets wat mooi en begeerlik is, met iets wat 'n

mens graag sal wil hê. En as daar dan nie volgens die oordeel van die mens

'n logiese en aanvaarbare rede is vir die goddelike verbod nie, en as 'n mens

bowendien oënskynlik baie daardeur kan wen, is dit maklik om jouself te

oortuig dat daar niks fout mee is nie.

- fokus: versoekings -

Adam het blykbaar nie veel teëstand

gebied nie. As jou maat ingegee het,

en op die oog af nie ernstige nagevolge

daarvan oorgehou het nie, is

die kanse goed dat jy dit ook gaan

doen.

Satan het nie nodig gehad om

enigiets verder te doen nie. Adam

het geval en saam met hom die hele

mensdom, soveel so dat almal van

daardie dag af moet bely: “Die goeie

wat ek wil doen, doen ek nie, maar

die slegte wat ek nie wil doen, dit

doen ek.”

Daarom die noodkreet: “Ek, ellendige

mens! Wie sal my van hierdie

doodsbestaan verlos?” En die

antwoord: “Aan God die dank! Hy

doen dit deur Jesus Christus, ons

Here” (Rom 7:19, 24, 25). DK

Jy moet besef dat Satan jou baie goed ken. Trouens, naas God ken hy jou waarskynlik die

heel beste, selfs beter as wat jy jouself ken. Hy ken al jou gebreke. Hy ken jou geheime

begeertes. Hy ken die swakste plek in jou mondering, en weet presies waar jy kwesbaar

is. En soos 'n goeie strateeg is sy aanvalle juis op daardie punt toegespits.

• Die Kerkblad April 2010 • 21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!