02.05.2013 Views

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

- fokus: versoekings - Ds. DJ (Daan) Bakker (Boksburg)

Versoeking slaan toe op jou

swakste lewensareas

'n Seder val in Waterkloof

Só is die film van PG du Plessis genoem wat ook in 1994 op televisie

uitgesaai is. Ons praat maklik en baie lekker onder mekaar oor die

hoë bome wat geval het. Daardie geliefde Christenman of vrou in 'n

gemeente wat voor versoeking geswig en in sonde geval het.

Salomo was só 'n seder, geplant in die tempel van ons God (Ps 92:14). Hy

het ook as “Jedidiah” (Geliefde van God) bekendgestaan. God was bly oor

hom en het twee keer aan hom persoonlik verskyn, sy gebede verhoor en

aan hom baie groot wysheid en verstand gegee en insig in soveel sake as

wat daar sand aan die see is (1 Kon 3:5; 9:2; 4:29). Twee van sy psalms is

van die mooiste in ons psalmboek (Pss 72, 127). Van hierdie koning skryf

Nehemia: “Sy God het hom liefgehad en hom koning laat word oor die hele

Israel, maar vreemde vrouens het ook vir hom laat sondig” (Neh 13:26).

Onthou net dat die Libanon vol hoë seders staan wat almal in die tempel

van ons God opgegroei het. As leser van Die Kerkblad glo ek dat jy persoonlik

een van hulle is wat van die Here kennis en insig in sy Woord ontvang

het, en dat jy God ook al persoonlik in die geloof ontmoet het.

Salomo se geskiedenis waarsku dat daar lewensareas is waarin almal van

ons swak is en wat ons maklik tot sonde kan versoek. Daarom, wie meen

dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie (1 Kor 10:12).

Baie perde, baie vroue en baie goud

Die drie beelde hierbo verteenwoordig die drie lewensareas waarin ons

almal die swakste is. Die Skrif waarsku ons lank voor die tyd oor hierdie

lewensareas. Lank voor Salomo se koningskap was daar alreeds oor die

versoekings op sy pad as koning van Israel geskryf só ver terug as Moses

se preek aan Israel oor die kies van 'n koning. Daarin waarsku hy die

koning: “Hy mag nie baie perde aanhou nie ... Die koning mag ook nie baie

vrouens hê nie, sodat hy nie aan die Here ontrou word nie. Hy mag ook nie

sy silwer en goud te veel laat word nie” (Deut 17:16, 17).

Hierdie drie swak lewensareas word nie meer nie as 300 jaar later in

Salomo se lewe 'n werklikheid. Al drie het hom in versoeking gebring om

ander gode te dien. Te veel perde (1 Kon 10:28), te veel vroue (1 Kon 11:1)

en te veel goud (1 Kon 10:14).

Jou naam “Christen” beteken dat jy

ook deur die Heilige Gees as 'n

koning gesalf is. Soos Salomo hom

aan God as sy Koning moes onderwerp,

só moet jy jou ook onderwerp

aan Jesus Christus se wil as jou

Koning.

Hy waarsku jou dat die volgende

drie swak lewensareas in jou lewe

jou kan verlei tot afgodery, en

afgodery, weet jy mos, is: om in die

plek van die enige ware God, wat

Hom in sy Woord openbaar het, of

naas Hom iets anders uit te dink of

te hê waarop jy jou vertroue stel

(HK, antw. 95).

• Baie perde - Perde kon die koning

só sterk en selfstandig in sy militêre

mag maak dat hy versoek sou word

om op sy eie, sonder God, klaar te

kom in sy oorloë wat hy moet veg.

Alles wat jou te selfstandig maak, is

'n versoeking tot afgodery vir jou

lewe. Die seën wat God jou deur die

jare gegee het in jou posisie by die

werk, jou polisse en gespaarde

pensioen en jou eie potensiaal wat

ten volle tot ontplooiing gekom het.

Daardeur kan jy verlei word om al

meer te voel “all of self” en “none of

God”.

• Baie vroue - Vroue is die beeld

van só gefokus wees op die dinge

wat jy lus is om te doen (die genietinge

van die wêreld) dat jou hart

verlei word om nie meer volkome

die Here, jou God, te dien nie. Dink

maar aan te veel sepies kyk (oor die

“Koning Salomo was lief vir baie uitlandse vrouens ... Salomo het egter juis op hierdie

vrouens verlief geraak” (1 Konings 11:1-3)

24 • Die Kerkblad April 2010 •

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!