02.05.2013 Views

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

- Skrifstudie -

Oorblyfsels van teater (Bron: internetbibleplaces)

22:20) word amen in verband met die eindtyd gebruik. Dit is dus

moontlik dat Christus met die benaming die Amen sy werksaamheid

ook hier binne konteks van die finale einde plaas.

In die boodskap aan Laodisea maak Christus Homself inderdaad

bekend as dié Een wat die laaste sê oor die gemeente het. Christus

plaas Homself in antitese met die gemeente wat gemeen het dat

hulleself in hulle selfgenoegsaamheid en selftevredenheid die laaste

sê oor hulle bestaan as gemeente het.

Christus bring 'n korreksie aan in die selfvoldane siening wat die

gemeente van hulleself gehad het. Hy vestig hulle aandag op Wie

Hy is.

Die geloofwaardige en ware getuie

Hierdie frase is 'n nadere kwalifikasie en verduideliking van Die

Amen. Dit beskryf Christus as getuie, en wat die inhoud van sy

getuienis is. Nie alleen is Christus betroubaar in kontras met die

valse lewe van die gemeente nie (3:17), maar Hy is ook betroubaar

in dié sin dat Hy die waarheid in sy onvervalste vorm deurgee. Hy

maak nooit 'n fout nie, en kan nooit ontrou aan sy woord en

beloftes wees nie. (Lukas 21:33 “Die hemel en die aarde sal

vergaan, maar my woorde nooit.” Romeine 11:29 “As God eenmaal

aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het,

Enkele Enkele sake sake sake in in verband verband verband met met Laodisea

Laodisea

Naby die huidige Denizli is die ruïnes (net 'n paar klippe

wat getuig van eertydse glorie) van Laodisea. Laodisea is

ongeveer 250 vC deur Antiochus II gestig en na sy vrou Laodice

vernoem. Een van die hoofweë na Efese en Sardis was deur

Laodisea. Vandaar moontlik die rykdom. Iets van 'n poort is

nog oor. Daar is 'n groot waterleiding (buise), die reste van

twee teaters en die brokstukke van 'n kerk blootgelê. Vandag

word groot argeologiese opgrawings in Laodisea gedoen onder

streng wetgewing van die Turkse regering.

Paulus het 'n brief aan die gemeente in Laodisea geskryf

(Kol 4:16), maar dit is verlore.

In 280 nC is 'n sinode in Laodisea gehou. Merkwaardig:

In art. 59 van dié sinode is 'n lys van Bybelboeke waarin

Openbaring ontbreek!

trek Hy dit nooit weer terug nie.”) As getuie was Hy hier op aarde

só getrou aan die waarheid dat Hy gekruisig is.

Christus getuig van die Vader: Net wat Hy van Hom gesien het.

Hy kom van die boesem van die Vader (Joh 1:18). Hy en die

Vader is een (Joh 10:30). Hy is die waarheid (Joh 14:6).

As dié Een wat die waarheid ken, is Hy ten volle by magte om die

presiese stand van sake in die gemeente te ken. Hy ontmasker

hulle vir wie hulle werklik is. Maar tegelyk is Hy ook die fondament

waarop hulle hul bestaan as gemeente moet bou en nié op hulle

eie goeddunke nie (3:17). By Hóm het hulle vastigheid, en nié by

hulle aardse goed (waaraan hulle baie geheg was 3:17) nie.

God het deur Hom alles geskep

Die 1933-vertaling gee 3:16 soos volg weer: “die begin van die

skepping van God.” Met hierdie frase maak Christus Hom bekend

as dié Een wat die oorsprong is van die hele skepping. God het

alles deur Christus geskep.

• Johannes 1:3 - “Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n

enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.”

• Efesiërs 3:9 - “God (het) ... alles geskape ... deur Jesus Christus”

(1933-vertaling).

• Hebreërs 1:2 - “God het ... deur (Christus) ... die wêreld

geskep ...”

Die feit dat die hele skepping deur Christus (uit niks) ontstaan

het, spel uit:

• Christus bestaan as God vóór die skepping. Johannes 1:1 sê:

“In die begin was die Woord (dit is Christus) daar.” Dit wil sê:

Vóór die “in die begin” van Genesis 1:1 was Christus reeds daar.

Voor die skeppingsmoment was Hy reeds God. Hy is van ewigheid

af God. Hy is die ongeskape Seun van God wat net so ewig is

soos die Vader.

In die Geloofsbelydenis van Nicea bely ons: “Ons glo ... in een

Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die

Reste van akwaduk (Bron: internetbibleplaces)

36 • Die Kerkblad April 2010 •

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!