02.05.2013 Views

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Dr. Jan Ras (emeritus, Saldanha)

- van oraloor -

Karasburg skryf Bybel met die

In opvolging van die berig in Die Kerkblad van Mei

2009, waarin meegedeel is van sr. Thea Marais

(Heilbron) wat die Bybel in twee jaar met die hand

oorgeskryf het, en die Geref. Kerk Akasia wat met 179

skrywers dit in vyf maande gedoen het, wil ek die volgende

daarby voeg:

Saam met die gemeente van Karasburg (10 lidmate) en

enkele lidmate van die Geref. Kerk Upington het ons dit

in vier maande (Julie tot Oktober 2008) voltooi. Die skrywers

uit Karasburg verskyn op die foto bo: Agter Oudl.

Izak du Plooy, diak. Sarel van der Walt, oudl. Bertie Oberholster,

br. Willem Grobler, dr. Jan Ras. Voor Srr. Chrissie

Oberholster, Heleen van der Walt, Lettie Oberholster, Estra

du Plooy. Voor sit die twee dogters van sr. Lettie Oberholster.

Br. Nel Oberholster was afwesig toe die foto geneem

is.

Verder het oudl. Izak du Plooy selfs drie van sy plaasarbeiders

geleentheid gegee om in die voorreg te deel. Hulle

verskyn op die meegaande foto van links na regs: Piet Jossip,

Josef Frederik en Hermina Vries.

Hierdie dik geskrif met die titel “Om julle ontwil” is by

die Bybelhuis in Bloemfontein, en is volgens getuienis al

meer kere as uitstalling by van die NG Kerke gebruik.

Hierdie verhaal gaan nou nog verder. Saam met die gemeente

van Karasburg en helpers het ek 17 Bybelboeke

oorgeskryf. Daarna het ek in vier maande in 2009 die res

van die Bybelboeke oorgeskryf. Volgens Johan van Zyl is

ek nou die enigste predikant waarvan hy kennis dra wat

hand oor

dit gedoen het, en volgens hom is daar nog net vier individue

wat dit vermag het. Hierdie deel van my skrywe is

nog in my besit.

Waarom het ons die Bybel (1953- en 1983-vertaling) oorgeskryf?

Om hoofsaaklik drie redes:

Dit was met aanmoediging van br. Hennie Dekker van

die Bybelgenootskap met die oog op die 75ste bestaansjaar

van die 1933-vertaling in 2008.

Uit liefde vir die Woord van God om om ons ontwil

die Skrif aan ons te gee.

Om die brein aktief besig te hou, en sodoende die siekte

van Alzheimer op 'n afstand te hou.

Die skrywers was dit almal eens dat hulle opnuut groot

waardering het vir die vertalers van die Bybel en die groot

voorreg om opnuut gegewens te ontdek wat verroes geraak

het.

• Die Kerkblad April 2010 • 45

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!