02.05.2013 Views

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

- fokus: versoekings - Ds. SA (Sarel) Cilliers (Waterberg)

Versoekinge is subtiel - met die

eerste oogopslag lyk dit so onskuldig

• Deut 7:19 as leidraad •

Een van die moeilikste dinge in die lewe is om in

absolute gehoorsaamheid aan die Wet van God

te leef. Hoe hard ons ook al probeer, ons swig

telkens voor versoekinge. Dalk spreek ons in 'n onbewaakte

oomblik, of in 'n vlaag van irritasie, 'n harde

wood uit. Miskien verkondig ons 'n halwe waarheid, of

is ons traag om standpunt in te neem vir wat reg is. Dalk

koester ons al lank 'n grief, of kan ons iemand nie

vergewe nie. Wat die struikelblok in ons lewe ook al is,

die eindresultaat is dat ons altyd misluk in ons pogings

om volgens die Wet van ons Koning te leef.

Die subtiele en gevaarlike versoekinge van die duiwel

het nie alleen tot die heel eerste mensepaar in die

paradys gekom nie, maar ook tot die kerkvolk van alle

eeue. Selfs ons Here Jesus is as mens hier op aarde nie

daarvan gespaar nie. Elke gelowige sal kan getuig van

versoekinge wat op subtiele wyse sy pad gekruis het.

Versoekings sal altyd op jou pad kom. Jy kan daarvan

seker wees dat Satan onophoudelik hierdie subtiele en

agterbakse metode sal gebruik om jou geloof te

verswak. En hy sal jou altyd aanval wanneer jy op jou

kwesbaarste is.

Die gevaar van 'n versoeking is dat dit so goed en reg

kan lyk. Dikwels, met die eerste oogopslag, lyk niks

daaraan afstootlik of verkeerd nie.

Hoekom is versoekinge subtiel?

Hoekom lyk dit aanvanklik so onskuldig? Hy wat

versoekinge op jou pad bring, is subtiel die vader van

versoekinge is die duiwel (vgl. Luk 4:13). Hy is egter

ook die vader van die leuen (HK So. 43, vr/antw 112).

Hy verberg sy eintlike bedoelinge. Hy gee iets voor wat

nie waar is nie en baie aantreklik lyk.

Versoeking is in wese 'n verleiding. Dit lei jou met 'n

ompad na 'n verkeerde bestemming. Dit lei die volk van

God weg van die verbond met God af. Israel word deur

die Kanaänitiese godsdiens verlei om God op eiewillige

wyse te dien. Die volk Israel het die Here as die ware

Bron van hulle versorging en seëninge misken, en dit

aan die Kanaänitiese vrugbaarheids God, Baäl, toegeskryf.

Wanneer mens na hierdie geskiedenis terugkyk, is dit

moeilik om te verstaan hoe dit kon gebeur. Toe Israel

ná hulle swerftog deur die woestyn in Kanaän aangekom

het, was daar die subtiele versoeking om die God

van hulle vaders vir die nuwe gode van die Kanaänitiese

kultuur te verruil. Tog, so snaaks, dit gebeur vandag

nog!

Die vraag wat deur elke nuwe, opkomende geslag gevra

word, is: Kan die God van gister wel die krisisse wat ons

vandag beleef, hanteer? In ons dae kom die vraag baie

subtiel: Spreek die Bybel van die antieke tye wel ons

moderne lewens volledig aan?

Daar word maklik NEE geantwoord. Die mens dink sy

eie idees en planne uit. Die praktyk moet maar die

oplossings bepaal.

Versoekinge gee voor dat dit 'n vinnige oplossing of een

of ander bepaalde krisis kan bied. Dit sluip jou lewe

binne sonder dat jy dit aanvanklik kan raaksien as van

die duiwel. Dit pas jou soos 'n handskoen.

Dit lyk aan die begin só mooi en aantreklik dat jy niks

verkeerd daarin kan sien nie. Dit doen hom selfs voor as

'n wonderlike kans en geleentheid. Veral as dit lyk asof

niemand daarvan sal weet of dat jy uitgevang kan word

nie, is die kanse baie groot dat enigeen van ons

daarvoor kan swig.

• Eva en Adam het (Gen 3:1-6)

• Agan het (Jos 7)

• Dawid het (2 Sam 11)

• Judas het (Matt 26:15)

• Ek en jy? Ja, ons het ook al ...

Versoekinge lyk aanvanklik onskuldig, maar eintlik is

dit verskriklik wreed. Dit lei jou weg van God, en wie

ver van God sy weg wil gaan, stap op 'n donker afgrond

aan (Ps 73:12, 1936-beryming).

22 • Die Kerkblad April 2010 •

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!