02.05.2013 Views

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

- fokus: die huwelik - Prof. JM (Koos) Vorster (Teologiese Skool)

Veelwywery

Die huwelik as instelling van God het in ons sekulêre samelewing

opnuut onder skoot gekom. 'n Teologiese professor het onlangs

geskryf dat die huwelik slegs 'n kultuurverskynsel is, en dat elke kultuurperiode

en kultuur hulle eie vorme van huwelik het. Ons moet dit as Christene

so aanvaar. So was poligamie in verskeie kulture die gebruik.

Vandag word homoseksuele huwelike al hoe meer oor die wêreld as net 'n

alternatiewe vorm van huwelik beskou. Kortstondige saamblyverhoudings

word as 'n moderne vorm van huwelik gesien, en in Suid-Afrika het die huwelike

van die staatspresident weer die saak van die moraliteit van veelwywery

aan die orde gestel.

In die Christelike etiek, soos deur ons beoefen, word baie aandag gegee aan

die huwelik, omdat dit die grondslag is waarop gesin en samelewing gebou

word. Die verbondshuwelik is immers ook een van die belangrike boustene

van die verbondsgemeente. Daarom is dit nodig om hierdie saak weer in die

Bybelse lig te bespreek.

Die huwelik is 'n skeppingsinstelling

Die Bybelse idee van die huwelik en gesin het die skeppingsorde as fondament.

Die verhaal van Genesis 1 3 kan gesien word as die prototipe van die huwelik

as instelling van God. Alhoewel daar ander vorms van huwelik in die Bybel

beskryf word, toon die openbaringshistoriese gegewens in die Bybel dat die

skeppingsorde gesien moet word as die uiteindelike voorskrif waaraan die

huwelik moet voldoen.

Soos God een man en een vrou geskep het en in 'n huweliksverbintenis gestel

het, so “lei God vandag nog elke man en vrou na mekaar toe” (kyk die huweliksformulier

oor Gen 2:21-24). Hierna

het beide Jesus en die apostels in hulle

onderwysinge oor die huwelik verwys.

(Hieroor word 'n baie mooi oorsig gegee

in die aanbevelenswaardige boek van AJ

Köstenberger met die titel “God, marriage

and family. Rebuilding the biblical

foundation”.)

God het die huwelik ingestel as 'n monogame,

heteroseksuele verbintenis 'n

eksklusiewe verhouding tussen een

man en een vrou. Alhoewel poligamie

wel in die Ou Testament voorgekom het,

soos dit duidelik was in die lewe van Lameg

(Gen 4:19), Esau (Gen 26:34), Abraham,

Dawid en Salomo, was monogamie

die duidelike Bybelse norm.

Hierdie beginsel was die fondament

van huweliksverhoudings in die Nuwe

Testament (1 Kor 7:2; Ef 5:28-33;

Kol 3:19; Tit 2:4). Die poligame huwelik

(veelwywery) was wel beskryf,

maar die monogame huwelik word

voorgeskryf. Die skeppingsorde

maak geen voorsiening vir selfdegeslag

huwelike of burgerlike verbintenisse

van mense van dieselfde geslag

nie.

Die doel van die huwelik

Die doel van die huwelik is primêr dat

man en vrou mekaar moet ondersteun

en bystaan (Ef 5:23-25), mekaar

fisiese en geestelike vervulling

gee, en om immoraliteit in die samelewing

te voorkom (1 Kor 7:1-7).

Voortplanting word ook as 'n integrale

deel van die huwelik gesien. Kinderlose

huwelike is egter nie minderwaardig

nie, want die huwelik moet

nie verlaag word tot slegs die sfeer

van die fisiese nie. Man en vrou word

“een”, en dit beteken dat twee mense

in mekaar se lewe deel op 'n volledige

en toegewyde manier.

Die huwelik is dus veel meer as seksualiteit.

Die huwelik tussen een man

en een vrou kan as 'n verbond beskryf

word, maar dan as 'n verbond in 'n

driehoeksverhouding waarin God,

man en vrou die partye is.

Man en vrou is albei aan God verbind

en as gevolg van hierdie vertikale verbintenis

ook aan mekaar in 'n diep

geestelike en fisiese verbintenis. Seksualiteit

hoort ook tuis binne die geborgenheid

van hierdie verbondsverhouding.

Daarom is die huweliksverhouding

'n verhouding wat op

ewige trou rus.

Man en vrou beloof aan mekaar ewige

trou en mag dus ook nie ontrou optree

nie. Om hierdie rede het ons die

mooi gebruik in Afrikaans om die huwelik

'n troue te noem. Ontrouheid

aan 'n lewensmaat binne die mono-

14 • Die Kerkblad April 2010 •

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!