04.05.2013 Views

Syferkommunikasie ESC320 / EDC310

Syferkommunikasie ESC320 / EDC310

Syferkommunikasie ESC320 / EDC310

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

4.6 Laboratoriumwerk

4.6.1 Laboratoriumgroepe en -sessies

Syferkommunikasie ESC320 / EDC310

Sodra die klaslys gefinaliseer is, word studente aan 'n groep toegewys en hulle groeptoewysing word op

die Departementele webblad vertoon. Die onus rus op elke student om seker te maak van sy of haar

besondere groeptoewysing en om sy of haar spanmaats te ken. Elke student MOET altesaam drie

eksperimente gedurende die semester uitvoer. Alle studente moet 'n gestelde eksperiment afhandel

voordat die volgende eksperiment uitgevoer word. 'n Skedule van watter eksperiment watter student op

watter datum moet bywoon, sal op die kennisgewingbord aangebring word. Daar sal 'n nulpunt toegeken

word aan studente wat nie hulle spesifieke toegewysde sessie bywoon nie. Hulle kan in daardie geval

hulle reg op toegang tot die eksamen verbeur. Studente moet hulle by Laboratorium B in die

Ingenieurswese 3 Gebou vir alle formele laboratoriumsessies aanmeld.

4.6.2 Uitruiling van laboratoriumsessies

Indien dit onmoontlik is om 'n laboratoriumsessie in die toegewysde periode by te woon, moet die student minstens

'n week voor die geskeduleerde eksperiment toestemming en goedkeuring van die dosent vra. In so ‘n geval moet

die student self met ‘n plaasvervanger-student van ‘n ander labgroep uitruil, om so te verseker dat bestaande

labgroepe nie buite verhouding balaai word deur die onverwagte verskyning van studente wat vir ‘n ander labsessie

geskeduleer was nie.

4.6.3 Laboratoriumreëls en -vereistes

Neem weer kennis dat dit 'n bykomende vereiste vir 'n slaagpunt in hierdie module is dat al drie

die geskeduleerde laboratoriumsessies bevredigend bygewoon en afgehandel word, dws, ‘n

subminimum-vereiste van 40 persent word benodig vir alle laboratoriumwerk en verwante

werkstukke. Die presiese toekenning van punte vir die verskillende aktiwiteite wat verband hou met ‘n bepaalde

eksperiment sal in die laboratoriumgids vir elke individuele eksperiment uiteengesit word. Hierdie gidse sal tydens

spesiale laboorsiglesings in die loop van die semster beskikbaar gestel word (verwys labskedule in Fig 1 vir

tersaaklike datums).

Daar word van studente verwag om vertroud te raak met die omvang van die werk wat in die eksperiment gedek

word. 'n A4-grootte hardeband-aantekeningboek moet gebruik word vir die voorbereiding voor die praktiese sessie

en om alle resultate, besprekings en gevolgtrekkings in aan te teken. Die laboratoriumboek moet netjies gehou

word en dit moet tydens praktiese sessies vir evaluering beskikbaar wees. Daar word van studente verwag om

behoorlik voor te berei deur die vrae en ander noodsaaklike leeswerk te voltooi soos dit in die Eksperimentgids

aangedui word. Studente wat nie voldoende bewys van hulle voorbereiding kan lewer nie, sal gevra word om die

laboratorium te verlaat en daar sal 'n nulpunt vir daardie eksperiment aan hulle toegeken word. Aangesien die

laboratorium 24 uur beskikbaar is, moet studente voor die geskeduleerde praktiese sessie (kyk na

ooplaboratorium-geleenthede op die hoofgebeure- en laboratoriumskedule wat in Fig. 1 aangedui word) al die

substelsels en modules wat met die eksperiment verband hou of wat daarvoor nodig is, ondersoek, bou, integreer

en toets. Die geskeduleerde laboratoriumtyd moet altyd slegs vir waarneming, vertolking- en demonstrasiedoeleindes

en die voltooiing van die toets na afhandeling van die praktiese sessie, gebruik word.

ESC320_GIDS2_2011 Departement Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese, UP LPL/2011

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!