04.05.2013 Views

Syferkommunikasie ESC320 / EDC310

Syferkommunikasie ESC320 / EDC310

Syferkommunikasie ESC320 / EDC310

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Syferkommunikasie ESC320 / EDC310

4.10 STUDIETEMA 10: INLEIDING TOT FOUTKORREKSIE(BEHEER) KODERING

4.10.1 Oorsig Studie-eenheid: [1] Chapter 14

Soos uit die bespreking uit [1] Hoofstuk 13 (Inleiding tot Informasieteorie) blyk, is die sleutel tot die

verkryging van foutvrye syferkommunikasie in die teenwoordigheid van distorsie, ruis en steuring die

toevoeging van gepaste oortollige bisse tot die oorspronklike data-informasiesekwensie. Die toevoeging

van ‘n enkele pariteitsbis om ‘n onewe aantal foutbisse te kan waarneem (‘detect’) dien as ‘n goeie

voorbeeld. Sedert Shannon se opspraakwekkende publikasie is ‘n groot klomp navorsing in die veld van

voorwaartse foutkorreksie(beheer) kodering (‘FEC’) gedoen. ‘n Inleiding tot hierdie onderwerp word in

hierdie hoofstuk aangebied; lesers kan baie meer in-diepte inligting oor die onderwerp van die klassieke

teksboek deur Lin en Costello inwin 1 .

4.10.2 Studie-aktiwiteite / uitkomstes en studie-eenhede

4.10.2.1 Oorsig [1] § 14.1 p 802

4.10.2.2 Oortolligheid vir foutkorreksie (-beheer) [1] § 14.2

4.10.2.3 Lineêre Blokkodes [1] § 14.3

4.10.2.4 Sikliese Kodes [1] § 14.4

4.10.2.5 Die effekte van foutkorreksie [1] § 14.5

4.10.2.6 Konvolusiekodes [1] § 14.6

4.10.2.6.1 Maksimum-Moontlikheid-Dekodering: Die Viterbi Algorime [1] § 14.6.2

4.10.2.7 MATLAB Oefeninge [1] § 14.13

By voltooiing van hierdie studietema behoort die student in staat te wees om:

• die betekenis van foutvrye kommunikasie te vertaan, sowel as om te weet hoe om die

uiteindelike doelwit prakties te haal deur die toevoeging van konstruktiewe oortolligheid –

inleiding tot fout-beheer-kodering;

• die konsep voorwaartse fout-korreksie-kodering (‘FEC’) te begryp en toegerus sal wees om

elementêre blokkodes te ontwerp waarmee verbeterde foutwaarskynlikheid in die

teenwoordigheid van SWGR verkry sal kan word;

• die begrip sikliese blokkodes te verstaan en hul inherente struktuur sal kan aanwend om

foutbeheer te kan bewerkstellig;

• die effekte van fourkorreksie te kan bereken, en die BFW van ongekodeerde en gekodeerde

stelsels te kan vergelyk.

• hul kennis na die gebruik van konvolusie en rekursiewe (iteratiewe) koderingstegnieke uit te

brei, met inbegrip van hul ooreenstemmende trellis-gebaseerde dekoderingsmetodes.

• met die sogenaamde Viterbi dekoderingsalgoritme en sy toepassings bekendgestel te word.

1 S. Lind and D. Costello, Error Control Coding: Fundamentals and Applications, 2 nd edition, Prentice-Hall, Upper Saddle River, NJ, 2004.

ESC320_GIDS2_2011 Departement Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese, UP LPL/2011

43

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!