04.05.2013 Views

Syferkommunikasie ESC320 / EDC310

Syferkommunikasie ESC320 / EDC310

Syferkommunikasie ESC320 / EDC310

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Syferkommunikasie ESC320 / EDC310

ORGANISATORIESE KOMPONENT

1 ALGEMENE GRONDSTELLING EN ONDERWYSBENADERING

Die algemene doelwit met hierdie module is om begrip eerder as memorisering te beklemtoon om

sodoende kreatiewe denke, lees en die onwikkeling van innoveervaardighede onder studente te

stimuleer op die gebied van modulasietegnieke en –stelsels, in die teenwoordigheid van ruis. ‘n

Probleemgedrewe benadering sal gevolg word. Studentgesentreerde leer- en onderrigmetodes sal

tydens lesings, tutoriaalklasse en praktiese sessies toegepas word. Dit word gedoen om bogenoemde

vaardighede optimaal te ontwikkel en ook om die ontwikkeling van kommunikasievaardighede,

interpersoonlike vaardighede en groepdinamiek te stimuleer.

Ingevolge die onderwysbeleid van die Universiteit word daar aanvaar "'n student moet akademieswetenskaplike

vorming ondergaan ten einde later in professionele konteks in staat te wees om as 'n

selfstandige wetenskaplike te funksioneer en tot die kreatiewe ontwikkeling van die gekose beroep by te

dra . . . dit verwys inderdaad na 'n doelgerigte en proaktiewe onderwysbenadering wat gepaard gaan met

'n klemverskuiwing vanaf die tradisionele dosentgesentreerde onderrigbenadering na 'n meer dinamiese

studentgesentreerde leerbenadering." ('n Nuwe benadering, Tukkie-onderrig, Vol. 1(2), 1986). Met

hierdie doelwitte voor oë is 'n leerplan ontwikkel soos wat dit in hierdie studiegids verwoord is.

Daar word van u verwag om tydens lesings en tutoriaalklasse aan besprekings deel te neem. Aangesien

u medestudente afhanklik is van die insette wat u lewer, is u deelname uiters belangrik. U is immers ook

van hulle bydraes afhanklik.

Die getal kontaksessies vir hierdie module is beperk. Daar word dus van die leerder verwag om ywerig

gereelde tyd aan lees- en leerwerk, meditering (‘dink met begrip’) en afhandeling van tutoriaal- en ander

oefeninge te wy.

Die doeltreffende gebruik en toepassing van modulasietegnieke speel 'n kardinale rol in ons lewens in

hierdie inligtingseeu. Dit maak 'n noodsaaklike deel uit van spesifiek radiokommunikasiestelsels wat

sedert die verskyning van onder andere satelliet- en veral sellulêre kommunikasiestelsels die mark

stormenderhand verower het. Daar word dus van elektroniese en rekenaaringenieurs verwag om 'n

waardering en diepgaande begrip van stochastiese seinverwerkings-beginsels, soos toegepas op

modulasiekonsepte en die toepassing daarvan op kommunikasiestelsels, te hê. Met die bestudering van

hierdie module word vaardighede ontwikkel wat die leerder in staat sal stel om die grondbeginsels van

stogastiese prosesse in temporale en spektraalprosessering, met die klem op ruismodelle and die effek

hiervan op kommunikasiestelsel-werkverrigting, beter te verstaan. Dit behels voorkennis van tydfrekwensie-verwantskappe,

transformteorie (met die klem op Fourier), die grondbeginsels van

fundamentele waarskynlikheidsteorie en willekeurige prosesse, sowel as 'n studie van beide analoog- en

syfermodulasietegnieke en die toepassing en benutting daarvan in 'n magdom kommunikasietoepassings.

Deterministiese seinanalise van kommunikasiestelsels word uitgebrei, om ook willekeurige (stochastiese)

prosesse in te sluit. Deur gepaste definisies vir Sein-tot-Ruis-verhouding (SNR) te formuleer, word

effektiewe maatstawwe daargestel waarmee die werkverrigting van verskillende kommunikasiestelsels

direk met mekaar vergelyk kan word. Die beginsel van stochastiese modulasie, waarop sprei-spektrum

stelsels en verskeie van die nuutste sellulêre radiostandaarde (byvoorbeeld, IS95B en 3GPP) berus, word

bekendgestel.

Die werk wat in die modules Lineêre Stelsels ELI220, Syferstelsels ERS220 en Modulasiestelsels

EMS310 gedek word, is noodsaaklike voorbereidingboublokke vir hierdie module. Enige bywerkings of

veranderinge aan hierdie studiegids sal by die Departementele webwerfadres vir hierdie module verskyn.

ESC320_GIDS2_2011 Departement Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese, UP LPL/2011

1

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!