13.04.2014 Views

Kliek hier vir die 2013 joernaal - Stamboek

Kliek hier vir die 2013 joernaal - Stamboek

Kliek hier vir die 2013 joernaal - Stamboek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

vir maksimum produksie van vloeibare bies en om die geboorteproses te vergemaklik en te versnel wat alles

meehelp om lamvrektes tot ‘n minimum te beperk en dus ‘n hoë lamoorlewing (> 95 %) te verseker. Aanvulling

van kritieke spoorelemente en vitamienes moet gedurende laatdragtigheid voorsien word.

Sodra die ooi gelam het, word na ‘n laktasierantsoen (melkproduksierantsoen) oorgeskakel om hoë melkproduksie

te verseker asook massaverlies van lakterende ooie te beperk. Die teikendoelwit gedurende laktasie is om

lamgroeitempo te maksimeer asook om die lakterende ooie se massaverlies in vroeë laktasie tot minder as 40 g/

dag te beperk om ‘n hoë lampersentasie met daaropvolgende lamseisoen te verseker.

Kruipvoeding is ‘n bestuurshulpmiddel wat gebruik kan word om skaapboerdery meer winsgewend te maak (Roux,

2011). Kruipvoeding is die betalendste vorm van voeding omdat dit ‘n hoër speenmassa op ‘n vroeër ouderdom

verseker. As gevolg van vroeër speen kan dus meer ooie aangehou word terwyl dit ook ‘n hoër lampersentasie

met die daaropvolgende lamseisoen tot gevolg het. Kruipvoeding moet aan sogende lammers voorsien word

sodra die ooie die lamhokke verlaat. Die teikendoelwit is om maksimum lamgroeitempo (> 300 – 350 g/dag) te

handhaaf sodat die lammers reeds so vroeg as 60 dae ouderdom gespeen kan word, mits hulle minstens 25 kg

weeg. Weens die uiters doeltreffende voeromsetting van die jong lam moet alles moontlik gedoen word om te

verseker dat die lam volgens sy maksimum genetiese groeipotensiaal groei. Om dit te bereik, moet ‘n baie hoë

gehalte kruipvoer (18 % proteïen) gevoer word en daar moet ook vir voldoende kruipvoervreetspasie voorsiening

gemaak word.

Deur lammers vroeg te speen en die lammers wat vir die slagmark geoormerk is in ‘n voerkraal af te rond, kan

meer ooie aangehou word terwyl terselfdertyd waarde tot die lammers toegevoeg word. Met speen word alle

markklaarlammers asook die 10 tot 15 % swakste (klein en boepenslammers) verkoop, want ‘n swak lam kan

nie “reg” gevoer word nie. Die teikendoelwit met die afronding van lammers is om die groei te maksimeer en

die staandae te minimaliseer. Hoe korter die tyd is vanaf ‘n lam gebore is totdat hy geslag word, hoe meer

winsgewend is skaapboerdery. Die mees winsgewende lam is die een wat vinnig groei en vinnig bemark kan

word, want vinniggroeiende lammers is die doeltreffendste omsetters van voer na vleis (Anderson, 2005). Vir

maksimum winsgewendheid moet lammers geslag word sodra hulle groei begin afplat. Spesiale rantsoene moet

vir elk van die afronding van lammers in voerkrale; weimielies of op aangeplante weiding geformuleer word om

groei te maksimeer en die aantal staandae in die voerkraal of aantal weidae op weiding te minimaliseer (Notter et

al., 1991). Met hierdie spesiale rantsoene kan ‘n “mielieprys” van tot R3700/ton gerealiseer word terwyl lammers

op goeie gehalte, aktief-groeiende weiding bykans dieselfde groeitempo as in ‘n voerkraal kan handhaaf.

Samevatting

Optimum produksie en maksimum winsgewendheid word bereik deur ‘n kombinasie van verbeterde

genetiese potensiaal (teelmateriaal); toepassing van sleutelbestuurspraktyke en inname van gebalanseerde

voedingstowwe (Larsen, 2007). Om dus maksimum doeltreffendheid van skaapboerdery te verseker, moet die

regte voedingstowwe gedurende elke stadium van die reproduksieproses voorsien word (Blache & Martin, 2009),

dus presisievoeding. Om ‘n intensiewe skaapboerdery winsgewend te bedryf, moet die teikendoelwit van elke

fisiologiese stadium bereik word. Rykdom lê nie in die aantal ooie nie, maar in die aanwending van tegnologie.

Die gebruik van moderne tegnologie asook die nuutste skaapbestuur- en voedingspraktyke bied veeprodusente

‘n groot geleentheid om hulle skaapkuddes se uitsetprestasie (kilogram vleis en wol geproduseer/ha/jaar) en

doeltreffendheid te verbeter (Lynch & Hanrahan, 2011). Volgens Lynch en Hanrahan (2011) het die top 25 % plase

in hulle ondersoek 35 % meer kilogram lamkarkas/ha geproduseer as die gemiddelde van al die plase weens die

gebruik van moderne tegnologie en die nuutste boerderypraktyke, sonder om die ooigetalle te verhoog (Lynch

& Hanrahan, 2011).

- Dr. Jasper Coetzee Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stell.

Professionele Veekundige (400328/83); Skaapvoeding- en Bestuurspesialis Konsultant

076 846 8800 & jasperco@iafrica.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!