13.04.2014 Views

Kliek hier vir die 2013 joernaal - Stamboek

Kliek hier vir die 2013 joernaal - Stamboek

Kliek hier vir die 2013 joernaal - Stamboek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

voorwoord

tydens die Junie-vakansie het ek en my gesin die voorreg gehad om deur die land te reis en

verskeie Dormertelers te besoek. Opvallend was die hartlike kuiers, die interessantheid van

die verskillende boerderypraktyke- en klimaatsomstandighede waarin die Dormer floreer.

Ons voer maar deurentyd ‘n stryd met die negatiewe aspekte van mens-wees, van landbouerwees.

Ek dink soms dis nie hoe goed jy boer nie, maar hoe goed jy keer!

dormer 2013

6

Daar was onlangs die nuus oor die beperking van plaasgroottes

wat strydig is met die vryemarkbeginsels.

Dit sal waarskynlik ‘n negatiewe uitwerking op voedselsekerheid

hê, (en ook op beleggers in die landbousektor). So ook met

arbeidsonrus, dieselrabat, geweld, korrupsie en oneweredige

prysstygings. Ek plaas dit maar in alfabetiese orde, want hierdie

gebeure tref elkeen in verskillende grade van ontsteltenis.

Ons kan egter positief voortgaan om produktief en winsgewend

te boer: veilingspryse en aanvraag na Dormers bly hoog.

Landbouers se skulddelgingsvermoë het relatief verbeter omdat

landbouprodukpryse gestyg het en rentekoerse op sy laagste

vlak in sowat vier dekades is.

Landbouers en beleggingsimplikasies in landbou bly steeds

positief. Die wêreldbevolking groei teen ‘n vinnige tempo

en die antwoord daarvoor is verhoogde voedselproduksie

(populasiegewys kom daar blykbaar elke twee jaar lande so

groot soos Suid-Afrika in die wêreld by). Ons as landbouers

speel hier ‘n aktiewe rol in die breë samelewing, en dit vereis

unieke leierskap van ons. Baie dankie aan positiewe raadslede vir

die bestuur van die Dormer Genootskap. In my dienstydperk as

president, is daar nog nooit tydens ‘n raadsvergadering gestem

oor ‘n kwessie nie – alle probleme was uitdagings wat lekker

debattering ontlok het. Die uiteinde was ‘n werkbare oplossing

tot voordeel van die ras.

Al die lede van wie jy in die Landbouweekblad lees, op die

televisie sien, op die radio hoor, kursusse, uitstallings en skoue

wat aangebied is om ons ras te bevorder: baie dankie. Ons

is dankbaar en trots om SA Stamboek en sekretariaat se

professionele dienste te kan gebruik.

Daar is soveel opbouende, leersame inligtingsbronne, dat jy

die beste besluit kan maak deur net vrae te vra, te lees en te

luister. As jy self nie slim is nie, maak jouself ryk met die slim

mense rondom jou. Geniet jou leersame reis, besaai met al die

slim landbouers wat die bakens op jou pad sal wees . . .

Christo Groenewald

President

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!