02.05.2013 Views

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2. BEREDENERING TOT NAVORSING

Die feit dat musiekbedieningsgroepe as middel tot musikale vernuwing in

eredienste gebruik word, beteken dat die orrel se funksionaliteit tydens

eredienste kan verander. Die vraag wat dus ontstaan, is tot watter mate die

liturgiese gebruik van die orrel tydens ’n vernuwende erediens gaan

funksioneer. Deur musiekbedieningsgroepe in te span om ook liturgiese

handelinge te vervul, kan byvoorbeeld tot gevolg hê dat die orrel se funksie in

die erediens verminder. Indien daar egter ’n toenemende aanvraag na

musiekbedieningsgroepe vir erediensgebruik sou ontstaan, kan dit weer op sy

beurt beteken dat die orrel se funksionaliteit tydens eredienste in onbruik

verval. Gevolglik sal dit ook ’n direkte impak op orreliste uitoefen en moontlik

tot die afskaffing van orrelposte lei. Oor die afgelope aantal jare is daar ’n

dramatiese afname in die getalle van orrelstudente aan die onderskeie

universiteite in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Fonds vir Orrelstudente

(SAFO) is in die lewe geroep as ’n inisiatief om die orrel te promoveer. Hierdie

organisasie loods jaarliks fondsinsamelingsprojekte om sodoende beurse

beskikbaar te stel aan studente en skoliere vir orrelstudie. Volgens SAFO se

getalle was die getal ingeskrewe orrelstudente in 2002 aan universiteite slegs

112 en in 2007 het die getal gedaal tot slegs 66. 1 Hierdie syfers impliseer ’n

geleidelike daling van 41% tussen 2002 en 2007. Vanaf 1980 (267 voltydse

orrelstudente) tot 2007 was die daling in die omgewing van 75%. Nou is die

vraag voorts tot watter mate die veranderinge in die musiekbediening in die

kerk ook ’n direkte invloed het op die daling in getalle van orrelstudente.

Hierdie aspek verlang verdere ondersoek, maar val egter buite die bestek van

hierdie navorsingsprojek.

Die fokuspunt van hierdie navorsing berus grotendeels op die vasstelling van

die liturgiese gebruik van die orrel in die eredienste van die NG gemeentes in

Port Elizabeth. Die maatstawe wat hierdie proses vergesel, is die volgende:

• die tipe dienste waar die orrel en musiekbedieningsgroepe

funksioneer (byvoorbeeld oggend- en/of aanddienste);

1 Die getalle van orrelstudente soos hier genoem, is telefonies deur Mnr. N.E. Pauw (SAFO

Uitvoerende Bestuur) aan Mnr. C.A. Campbell op 9 Januarie 2008 bevestig.

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!