02.05.2013 Views

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

• “’n Vaste en vasgestelde liturgiese orde wat die ontmoeting tussen God

en sy versamelde gemeente reël, is noodsaaklik: God is immers ’n

God van orde (1 Kor. 14:33); dit gee aan die erediens ’n sinvolle

reëlmaat en styl; dit dien as bekende weg waarop die gemeente tot die

erediens toetree en help om te waak teen allerlei oppervlakkige gesoek

na nuwighede in die erediens.

• Die Sinode beklemtoon dit weer dat elke gemeente gebonde is om die

besluite van die Sinode oor die liturgie te gehoorsaam. Onduidelikhede

en verskille oor sekere sake kan steeds onder die aandag van die

betrokke kommissie gebring word en kan ter gelegenertyd voor ’n

volgende Sinode dien.

• Tog moet daar gewaak word teen formalisme en onbuigsaamheid in

die liturgie wat tot verveling in en vervreemding van die erediens lei.

Binne die raamwerk van die vasgestelde orde van die erediens moet

die liturg deur deeglike voorbereiding van die liturgie vir elke diens

daarna strewe om die ontmoeting nuut en vars te laat bly, sinvolle en

doelmatige variasies, bv. t.o.v. die aantal Skriflesings, die plasing van

die wet, die wisseling van ‘vaste liedere’, ens. in te bring. Wanneer die

gemeente opgevoed word tot ’n dieper liturgiese bewussyn sal dit baie

help om die verstarring van die erediens te oorkom.

• Daar moet ’n gesonde ewewig gehandhaaf word tussen vastigheid en

variasie, tussen gebondenheid en soepelheid in die erediens”

(Besluiteregister, 2006: 2).

Dit is ook noodsaaklik dat daar rekening gehou sal word met die tyd waarin

ons leef. Strydom (1994: 156) sê dat hoewel die Bybel sekere feite verskaf

oor liturgiese handelinge, moet daar in gedagte gehou word dat hierdie

handelinge in ’n spesifieke historiese, kulturele en godsdienstige konteks

plaasgevind het en dus nie heeltemal op vandag van toepassing kan wees

nie. Net so sê Erasmus (1982: 2, 3): “by ’n verantwoorde erediens is dit voorts

ook noodsaaklik dat die kerk rekening sal hou met die hede. Die inhoud van

wat in die erediens deur die liturgie gedra word, bly dieselfde, maar die vorm

waarin dit gebring word, pas aan by eie tyd en omstandighede”. Die ASK

(1988: 1, 4) beklemtoon dan ook die feit dat variasies binne die liturgiese orde

15

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!