02.05.2013 Views

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

this means commitment of a substantial amount of time and energy to the

rehearsal of hymns”. Wat die orrelis/musiekleier egter in gedagte behoort te

hou, is die feit dat ’n groot gedeelte van die gemeente uit amateurs kan

bestaan. Daarom is dit belangrik dat hy/sy die gemeente sal lei om

kerkmusiek beter te verstaan (Kemp, 1981: 2, 4).

Die kerklied is in ’n sekere styl gekomponeer en juis daarom is dit belangrik

dat die begeleidingstyl ook daarby moet aanpas. “Elke lied en gesonge

liturgiese stuk moet begelei word in ooreenstemming met die eiendomlike styl

daarvan ten opsigte van tempo, frasering, registrasie, sowel as die stylperiode

waaruit dit kom. Goeie gemeentesangbegeleiding is ’n subtiele kuns. Die

begeleier moet dink in terme van, en moet homself musikaal vereenselwig

met die sanger(s), in hierdie geval met die vermoëns, moontlikhede en

beperkings van die gemeente. Daar moet voldoende geleentheid wees vir

asemhaling, ook tussen strofes, sonder om die musikale voortgang in te boet.

Gemeentesang moet ritmies stewig wees. Die polsslag moet dwarsdeur

konsekwent gehandhaaf word (dus geen rallentando’s en accelerando’s nie).

Alhoewel legato-spel die uitgangspunt is, vra situasies daarvoor dat daar

soms meer geartikuleerd gebegelei sal word (’n stylvolle non-legato; nooit

staccato nie). Die tempo moet altyd toelaat dat die gemeente die teks op ’n

natuurlike, gemaklike, kommunikatiewe wyse kan hanteer. Dit gaan in

liturgiese sang immers om die teks wat oordink en gekommunikeer moet

word, waarvan die musiek net die draer is. Beide gejaagdheid én oordrewe

sleperigheid moet dus vermy word. Die sang moet altyd gekenmerk word deur

’n musikale stuwing. Verder moet in gedagte gehou word dat die akoestiese

ruimte en die aantal sangers ook ’n rol speel by die bepaling van ’n liturgiese

sinvolle tempo” (Strydom, 1994: 377, 378).

Dit is van die uiterste belang dat orrelbegeleiding te alle tye met sinvolle

registrasie 1 moet geskied. Die karakter van al die liedere wat gesing word, is

nie almal dieselfde nie. Om hierdie rede moet elke lied dan ook nie eenders

op die orrel geregistreer word nie. ’n Loflied sal byvoorbeeld meer opgewek

1 Dit verwys na die verskillende moontlikhede van klankkleure en kombinasies van die

orrelregisters.

27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!