02.05.2013 Views

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

• Hy/sy moet oor die tegniese en musikale vermoëns beskik om die

gevoelens van aanbidding, dank en lofprysing van die aardse liggaam

van Christus op die betrokke instrument in klank om te sit”.

“Dus staan die roeping van ’n kerkorrelis op dieselfde vlak as die van die

predikant, ouderling en diaken. Om die waarheid te sê vorm die orrelis saam

met die hele gemeente en ampte deel van die liggaam van Christus om tot die

welsyn van die gemeente te werk. Derhalwe word die werk van die orrelis nie

gesien as ’n reg nie, maar as ’n voorreg om ’n besondere dienswerk in die

gemeente en die aanbidding van die gemeente te verrig” (Oelofse, 2001: 63).

Dit is noodsaaklik dat liturge as ’n span saamwerk in ’n gemeente. “The

clergy-musician team is the most critical component in the success of a

church” (Guenther, 2000: 40). Die gesproke en gesonge Woord van God moet

die gemeente aanspreek en opbou in die geloof. Aandag moet ook gegee

word aan verwagtinge en behoeftes van verskillende groepe in die gemeente

(Kloppers, 2002: 12, 13). 1 “In die liturgies-pastorale kommunikasieproses

moet die hele mens betrek en aangespreek word: emosioneel, verstandelik én

ten opsigte van die wil; geestelik én fisies. Dit moet plaasvind langs die weg

van verbale én nie-verbale media, en gerig wees op die geloofsreaksie van

erediensgangers op God se omvattende verlossing in Christus Jesus in die

totaliteit van hulle menswees” (Strydom, 1994: 207, 208). Daarom moet elke

erediens as ’n geleentheid beskou word waar liturge as ’n span funksioneer

om ’n verskil in die lewens van gemeentelede te bewerkstellig (Guenther,

2000: 45).

1 Dit is inderdaad so dat gemeentelede se opinies en gevoelens van mekaar verskil. Daarom

sê Strauss (2005: 14): “daar is in elke gemeente mense wat hulle verhouding met God

verskillend beleef. Hulle sal noodwendig verskillende verwagtinge en belewenisse oor die

musiek in die erediens hê”.

17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!