Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University
Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University
Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
HOOFSTUK 2

MUSIEK EN DIE EREDIENS

Musiek vorm ’n integrale deel van die erediens. “Die feit van die saak is tog

dat die erediensmusiek, as liturgiese handelingsvoertuig en kommunikasie-

medium, wesenlik tot die erediens behoort – tot dieselfde mate as die

gesproke woord. Daarom moet daar altyd oor die eredienssang gedink en

gepraat word in die konteks van en in nóúe aansluiting by die omvattende

liturgiese denke en praktyk” (Strydom, 1994: 3).

1. DIE EREDIENS

Die erediens is ’n samekomsgeleentheid waar God en Sy gemeente mekaar

ontmoet. Dit is waar gelowiges saam vergader om God te aanbid. Volgens

Erasmus (1982: 1, 3) kan die erediens as ’n gesprek tussen God en Sy

gemeente beskryf word waar God deur Sy Woord met die gemeente praat en

waarop die gemeente dan antwoord. God spreek tot die mens deur middel

van die seëngroet, die wet, Skriflesing, prediking en seën, waarop die

gemeente se antwoord dan bestaan uit die geloofsbelydenis, gebed en die

lied.

Die gesprek of dialoog wat tussen God en Sy gemeente plaasvind, het egter

volgens Strauss (2005: 7) ’n diepere betekenis. “Dis meer as maar net ’n

gesprek tussen God en Sy gemeente. Dié samekoms het ’n eskatologiese

kleur. Dis ’n voorspel tot die groot samekoms by die wederkoms van Christus.

(Openbaring 19:17) [sic] Dit raak die hart van die verhouding tussen God en

gemeente. Wat dus in hierdie samekoms gebeur, verklap iets van die

verhouding tussen God en Sy gemeente. Dit sê iets van wat hulle van Hom

glo en verwag”.

Hierdie samekoms van God en Sy gemeente vind altyd plaas binne ’n

bepaalde tyd van die jaar. “Die kerkjaar of liturgiese jaar, as die polsslag

waarmee die Kerk van Christus lewe, bepaal die aard en inhoud, sowel as die

orde van die erediens. Besondere geleenthede in ’n gemeente of

11