02.05.2013 Views

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

emoved from the action as a spectator” (Mitchell, 1978: 79). Na aanleiding

van Harling (2002: 8) is dit ook nodig dat elkeen wat sing, sy/haar musikale

gawes moet inspan en deelneem daarmee. “The essential thing is not how

you sing, but that you participate with your musical gifts, however limited, and

that you mean what you sing and sing what you mean”. Daarom is dit dan

belangrik dat die gemeente die kerklied as ’n geheel moet verstaan en

waardeer om dit met gemak te kan uitvoer (Barnard, 1983: 37).

2.1.1 Die verhouding tussen teks en melodie

Volgens Louw (1964: 33) bestaan daar ’n baie hegte eenheid tussen woord

en musiek, soveel so “dat ’n mens kwalik die een los van die ander kan

beoordeel. Woord en musiek vorm in die lied – of dit nou kerklied of kunslied

is – ’n onlosmaaklike eenheid”. Die woord of teks van die kerklied berus op

die Woord van die Here wat in ’n poëtiese vorm sy gestalte kry. Met behulp

van ’n melodie word die teks aangevul om in diens tot eer van God te

funksioneer (Du Toit, 1979: 27). “In a specifically Christian sense, music

combined with words which reflect valid interpretations of the Christian faith

plays a crucial role in our spiritual growth” (Pass, 1989: 52). 1

Daar bestaan ’n noue verband tussen die letterkunde en estetika (kuns) by die

skepping van die (kerk) lied. Die vermoë om die Bybelse boodskap sterk en

duidelik te laat spreek, is afhanklik van ’n goeie poëtiese of letterkundige

vorm. Vergesel van ’n dienende en kragtige, maar nie-oorheersende melodie,

bereik teks en musiek deur middel van artistieke vaardigheid ’n oortuigende

eenheid (Barnard, 1983: 33, 34). “Daar moet in die proses van liedskepping

agting wees vir die estetiese eiewetlikheid en selfstandige identiteit van elke

vennoot, teks én musiek. Eers dan kan daar ’n sinvolle woord-toonverhouding

tot stand kom en kan die melodie sy dienende rol vervul – ’n rol wat geensins

dui op musikaal-estetiese minderwaardigheid nie. Uiteindelik onderstreep die

geslaagde woord-toonverhouding tussen ’n sterk teks en goeie melodie die

unieke estetiese eiendomlikheid van ’n geslaagde kerkliedtoonsetting, naamlik

1

Vir Martin Luther was die kombinasie van woorde en musiek die beste manier om die

Christelike geloof te verkondig. Hy noem dit die “‘viva vox evangelii’, die lewende stem van

die evangelie, wat die teks lewe moet gee” (Kloppers, 2003: 12).

19

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!