02.05.2013 Views

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

uit 192 vrye kerkliedere, ook genoem die Gesange. In 1814 word dit dan ook

vanaf Nederland na Suid-Afrika ingevoer (Barnard, 1983: 20).

Hoewel die Gesange aanvanklik nie deur almal ewe goed ontvang was nie,

het die liedere mettertyd tot ’n aanvaarbare vorm ontwikkel. So word daar in

1944 die eerste Afrikaanse Psalm- en Gesangboek 1 uitgereik wat oor die

berymde Psalms sowel as 193 Gesange 2 beskik. Hierdie sangbundel word

dan ook op ’n latere tydstip hersien en aldus word daar ’n nuwe Psalm- en

Gesangboek in 1978 in gebruik gestel, waarvan die aantal Gesange tot 353

liedere uitgebrei is (Barnard, 1983: 21).

Die Psalms en Gesange was egter nie die enigste liedere vir geestelike en

kerklike gebruik wat die lig gesien het nie. In die tweede helfte van die 19de

eeu vind daar ’n godsdienstige herlewing in Amerika plaas, wat spoedig ook

na Brittanje uitbrei. ’n Direkte gevolg van die herlewing was die verskyning

van nuwe liedere en musiek, die sogenaamde “Sankey-liedere”. 3 Weens die

feit dat die Kaap in 1806 deur Brittanje oorgeneem is, was dit dus nie vreemd

dat die Engelse gebruik van hierdie tipe liedere mettertyd ook ’n invloed op die

Afrikaanse kerke in Suid-Afrika sou uitoefen nie. In 1863 en 1871 onderskeidelik,

verskyn daar byvoorbeeld twee sangbundels – die Kinderharp en

Zionsliederen – wat ’n duidelike invloed van die Sankey-liedere toon. Die doel

van hierdie bundels was hoofsaaklik om makliker singbare melodieë in bereik

1

Suid-Afrikaanse musici het veral tot die Psalms bydraes gelewer in die vorm van berymings

(JD Du Toit – Totius) en melodieë (FW Jannasch, PK de Villiers en AC van Velden) (Strydom,

1994: 147, 148).

2

Dit was hoofsaaklik ’n Afrikaanse verwerking van die “Evangelische Gezangen” van 1814

(Barnard, 1983: 21).

3

Met die godsdienstige herlewing in Amerika het daar byeenkomste en sametrekke onder die

leiding van die prediker Dwight Lyman Moody en die sangleier Ira David Sankey plaasgevind.

Die liedere wat tydens hierdie byeenkomste deur Sankey bekendgestel is, het spoedig baie

gewild geword. Gevolglik lei dit tot die publikasie daarvan in die bundel Gospel Hymns and

Sacred Solos in 1875 (Carstens, 1983: 52). Die melodieë van hierdie liedere was “instantly

memorable, their sentiments direct and their effect strong and immediate” (Wilson-Dickson,

1992: 138).

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!