Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University
Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University
Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
HOOFSTUK 1

INLEIDING

1. AGTERGROND

Die bediening van musiek 1 in die Nederduitse Gereformeerde (NG) Kerk het

oor die afgelope paar jaar heelwat verandering ondergaan. Vanuit die tradisie

waar slegs die orrel as begeleidingsinstrument gebruik is, het ander

musiekinstrumente toegang tot die erediens verkry om die begeleidingsfunksie

van die gemeentesang te hanteer. Die sienswyse dat die orrel as

vanselfsprekende instrument met alleenreg op musiekbediening vir erediensgebruik

funksioneer, het dus stelselmatig begin verdwyn.

1.1 Verandering en die kerk

Verandering vorm ’n integrerende deel van die samelewing en die menslike

bestaan – daarsonder sal die mensdom stagneer (Roux, 2002: 5). Aangesien

die kerk deel vorm van ’n groot segment uit die samelewing, is dit

vanselfsprekend dat veranderings ook die kerk sal raak. Voor die

demokratiese verkiesing van 1994 het die Afrikaanse kerke (híér spesifiek die

Nederduitse Gereformeerde Kerk, die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en

die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika) ’n sterk invloed op die

samelewing uitgeoefen. Met historiese gebeure soos byvoorbeeld die Groot

Trek, die Anglo-Boereoorlog en die depressiejare was die kerk direk betrokke

(Meiring, 1983: 303, 304). Die kerk het ook tot die politieke sisteem bydraes

gelewer en het “op die hoogste vlak toegang tot die regering gehad. Hulle het

leiding gegee in die handhawing van morele standaarde” (König, 2005: 340).

1

Die bediening van musiek, oftewel musiekbediening, verwys in hierdie navorsing na enige

persoon/persone wat met behulp van sy/haar musikale gawe ’n bydrae lewer tot die musikale

inkleding van die erediens. Waar instrumentaliste saam in ’n groep funksioneer, word die

woord musiekbedieningsgroep gebruik. Volgens Kloppers (2003: 11) kan die term

musiekbediening egter verwarrend wees. “Die woord musiekbediening word meestal ook

uitsluitlik vir poporkeste en gospelgroepe gebruik, asof net één vorm van musiekbediening

sou bestaan. Volgens dié siening word tradisionele orrelbegeleiding, begeleiding met

‘klassieke’ instrumente, en die optrede van ’n bekwame liturg en erediensgroep wat musikale

en liturgiese moontlikhede kreatief ontsluit, nié as musiekbediening beskou nie”.

1