02.05.2013 Views

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

klem gelê op die Jaarblad van die Suid-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging

(SAKOV), Vir die Musiekleier. Hierdie vaktydskrif bestaan onder andere uit

vakkundige artikels wat handel oor erediensmusiek in die Afrikaanse kerke

van Suid-Afrika. Ander bronne wat ook as belangrik beskou word, is Erasmus

(1982) en Strydom (1994). In Strydom (1994) word daar veral vanuit ’n

historiese perspektief uitgebrei oor die erediens en die musiek daarvan.

Dokumentasie van die Algemene Sinode, by wyse van die Handboek vir die

Erediens (1988) en Besluiteregister (2006) bied essensiële insig oor die

inrigting van die liturgie in die erediens. Verdere bronne wat handel oor

kerkmusiek sluit artikels uit oorsese vaktydskrifte en ander oorsese

publikasies, sowel as artikels uit plaaslike koerante, 1 in.

Die literatuurstudie fokus hoofsaaklik op die erediens en sy musiek en word in

Hoofstuk 2 aangebied. Die karakter van die Gereformeerde erediens word

bespreek deur te verwys na die verskillende liturgiese handelinge wat aan die

erediens sy vorm verleen. Daar word ook ondersoek ingestel na liturgiese

rolspelers binne die erediens. Met die afdeling wat handel oor die musiek,

word daar veral gepoog om die aard van die kerklied te beskryf. Laastens

word die orrel as kerklike instrument behandel. ’n Kort historiese oorsig van

die instrument, sowel as die liturgiese funksie daarvan in die erediens, word

vasgestel.

2.2 Populasie en Vraelyste

“The first step in sampling is to define the population of interest clearly and

accurately” (Schofield, 2006: 27). Volgens die Jaarboek van die NG Kerke

(2007) beskik Port Elizabeth oor 26 NG gemeentes. 2 Dit verteenwoordig die

populasie-eenheid onder hierdie navorsing.

Om die studie in diepte te kon ondersoek, sou persoonlike waarneming van ’n

paar eredienste (ongeveer vyf tot ses) van elk van die 26 gemeentes van

kardinale belang wees. Dit kon moontlik gelei het tot alternatiewe resultate as

dié wat met die uitstuur van vraelyste verkry is. Aangesien die navorser egter

1

Sien Bronnelys vir volledige lys van literatuur geraadpleeg.

2

Sien Bylaag A vir ’n lys van die NG gemeentes in Port Elizabeth.

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!