02.05.2013 Views

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

proefbundel, die Sing Onder Mekaar, vir gebruik in die erediens uitgereik. Dit

het onder meer liedere van die Jeugsangbundel en Hallelujaboek bevat. ’n

Opvolg op die Jeugsangbundel van 1984 verskyn in 1994, genaamd

Jeugsangbundel 2, ook vir erediensgebruik. In hierdie bundel is ’n groot

aantal liedere van die oorspronklike Jeugsangbundel oorgeneem. Ook liedere

van die eietydse “gospel”-styl is ingesluit (Strydom, 1994: 149, 152).

Tans word Liedboek van die Kerk (2001) as die amptelike liedbundel van die

NG Kerk aanvaar. In hierdie liedbundel is daar veral aandag gegee aan die

herskep van Psalm-tekste en melodieë om die sing daarvan te vergemaklik.

Die 353 Gesange is ook hersien, waarvan 220 in die nuwe bundel opgeneem

is. Ander liedere is egter ook in die bundel gevoeg en sluit die volgende in: 8

Halleluja-liedere, 1 lied uit die Jeugsangbundel, 37 liedere uit die Sing Onder

Mekaar, 45 liedere uit die Jeugsangbundel 2, sowel as ’n aantal liedere uit

ander tale, tradisies en kulture. Met hierdie ryke verskeidenheid van liedere

saamgevoeg in een bundel, word daar gepoog om in alle ouderdomsgroepe,

oud en jonk, se liedbehoeftes te voorsien (Liedboek van die Kerk, 2001: 15,

20 en Oelofse, 2001: 47). 1

1

In 2002 gee die Algemene Sinode die opdrag om “’n meganisme te skep waarvolgens nuwe,

inheemse en eietydse liedere deurlopend in die kerk opgeneem kan word en om die nodige

riglyne vir die skep van nuwe liedere daar te stel” (Besluiteregister, 2006: 12). Gevolglik word

die verskillende kommissies van die Algemene Sinode in 2004 (kommissies van die erediens,

jeug en so meer) onder die titel Gemeente-Ontwikkeling geplaas. Die Algemene Diensgroep

vir Gemeente-Ontwikkeling (ADGO) skenk veral aandag aan eredienshandelinge, soos

liturgie en musiek, waaronder die keuring en bekendstelling van nuwe liedere hanteer word.

In 2006 word die werkgroep FLAM (Funky Liedere vir ’n Aan die brand Musiekbediening) se

eerste CD bekendgestel. Dit bestaan uit 20 kontemporêre liedere wat dien om Liedboek van

die Kerk (2001) tydens eredienste aan te vul (Jackson, 2006: 3). Wat die huidige

bedrywighede van ADGO betref, is daar ’n werkgroep, bekend as VONKK (Voortgesette

Ontwikkeling van die Nuwe Klassieke Kerkliedprojek) saamgestel om die meer klassieke en

tradisionele sy van kerkliedere te bevorder. Hierdie klassieke kerkliedere sal mettertyd in ’n

bundel, soortgelyk aan FLAM, uitgereik word. Verder word daar dan ook beoog om

ondersoek in te stel na moontlike opleidingsgeleenthede vir orreliste, koorleiers en

musiekbedieningsgroepe.

23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!