Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University
Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University
Sulani Heunis.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
with church festivals”. Verder was dit ook die gebruik om orrels te laat bou met

die doel om dit as geskenke voor te lê aan koninklikes. In ongeveer 757 word

daar byvoorbeeld ’n orrel (genoem “organum”) deur die Bisantynse keiser

Constantinus, aan Koning Pippin van Frankryk gestuur (Baker, 1991: 19 en

Williams, 1993: 34). Weens die feit dat daar in die kloosters van die

Benediktynse orde 1 belangstelling rondom die orrel ontwikkel, begin die orrel

eers vanaf die tiende eeu geleidelik sy weg na die kerk vind (Baker, 1991:

20). 2

2.2.1 Die kansionale besetting vir orrelbegeleiding

Teen die einde van die 16de eeu was kansionale besettings van kerkliedere

die norm. Dit het beteken dat elke lettergreep van die teks teenoor sy eie

akkoord getoonset was. Die melodie wat gewoonlik in die tenoor geplaas was,

is verskuif na die sopraan om sodoende die melodie van die lied duideliker

hoorbaar te maak. Die doel van hierdie tipe toonsetting was vierstemmige

kantory/koorsang. Tydens die 17de en 18de eeue word daar oorgeskakel na

’n besyferde bas patroon vir die begeleiding van kerkliedere. In die 19de eeu

word die vierstemmige kansionale gebruik 3 egter weer die aanvaarde praktyk

1

Musiek was ’n groot belangstellingsonderwerp onder die Benediktynse orde.

2

Die orrel was aanvanklik nooit gebruik om die gemeentesang te begelei nie. Dit het slegs die

noot aangegee vir die priester, die koor begelei en tussenspele gelewer (Baker, 1991: 25).

Gedurende die sewentiende eeu word daar in Nederland besef dat die instrument wel die

leiding en begeleiding van gemeentesang kan hanteer. Dit sou egter nog meer as twee eeue

duur voordat die orrel sy hedendaagse funksie in die erediens kon verrig (Cillié, 1983: 6). Ook

in die kerke van Suid-Afrika het die sang onbegeleid geskied. Die leiding van die sang is

normaalweg deur ’n voorsinger (’n sieketrooster en/of onderwyser) behartig, iemand wat oor

’n sterk stem, tesame met ’n deeglike kennis van sy liedbundel beskik het. By die eredienste

aan die Kaap het die lidmaatgetalle mettertyd tot so ’n mate gestyg dat die voorsinger nie

meer in staat was om die gemeentesang op sy eie te lei nie. Gevolglik word daar ondersoek

ingestel na die moontlike aankoop van ’n orrel om as hulpmiddel by die gemeentesang te

funksioneer. Dit lei daartoe dat die Kaapse kerk sy eerste orrel (’n serafyn) in 1737 bekom om

die gemeentesang te ondersteun, asook om voor-, tussen- en naspele tydens eredienste te

speel (Cillié, 1983: 5, 6).

3

Aanvanklik is daar op die orrel eenstemmig gespeel, aangesien slegs een noot op ’n keer

ingedruk kon word (Erasmus, 1982: 52).

25