Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
fokusartikel

die sonde ruimte vir God se be sondere

genade. Dit maak die mens

vat baar vir die evangelie en gee aan

die Christen die geleentheid om sy

roeping in die wêreld te vervul.

Terwyl die owerheid ’n dienaar

is van God in die sin dat dit die

son de in bedwang moet hou deur

reg en orde te handhaaf (vgl. Rom.

13), gebruik God die kerk om sy

besondere genade te verkondig deur

die uitdra van die evangelie (vgl.

Matt. 28). Kerk en owerheid vind

hulle eenheid in Christus, wat Hoof

is oor kerk en wêreld (vgl. Kol. 1).

Tog moet kerk en owerheid

in beginsel onderskeie bly. Die

owerheid het te doen met die geskape

en burgerlike lewe, terwyl die kerk

te doen het met die sondaarmens

se inwendige lewe; die owerheid

gebruik ’n uiterlike mag, terwyl die

kerk ’n geestelike mag gebruik; die

owerheid se mag is beperk tot ’n

be paalde gebied, die kerk s’n nie;

die owerheid se roeping lê in die

hede, terwyl die kerk se einddoel

in die ewigheid lê. So beweeg kerk

en owerheid in verskillende sfere en

ontvang beide instellings hulle eiesoortige,

Godgegewe opdragte.

Die koninkryk van God

Gesag en mag vind in die

Skrif sy oorsprong, nie soos in die

staatsfi losofi e van Locke, Hobbes

en Rousseau in ’n sosiale kontrak

tussen mense nie, maar wel in

God self. Alle aardse gesag staan

onder God se gesag, want die Here

regeer as Skepper van hemel en

aar de oor alle dinge. Sy dinamiese

Koningsheerskappy en onkeerbare

heilsplan vir die wêreld betrek en

relativeer alle aardse mag en gesag.

Dit word onder meer uitgedruk in

die Bybel deur die term koninkryk

(basileia).

Beide die owerheid en die koninkryk

het die skeppingsorde van

God ten doel. Die owerheid bewaar

God se skeppingsorde van totale

ver val deur die handhawing van

geregtigheid. Christus kom herstel

God se skeppingsorde deur die

geregtigheid van God se koninkryk

na die aarde te bring.

Tog is daar ook ’n bepaalde diskon

tinuïteit tussen die owerheid en

die koninkryk van God. Die owerheid

is ’n tussentydse instelling

wat die weg vir God se koninkryk

voorberei. Met die volledige koms

van die koninkryk sal die owerheid

verdwyn. Die owerheid kan nooit

ware Goddelike geregtigheid op aarde

vestig nie, omdat dit self in die

teken van die “nog nie” staan. Alleen

Christus kan deur die weg van voldoening

en die uitstorting van die

Heilige Gees God se volkome geregtigheid

op aarde vestig.

Die besondere verband tussen

die owerheid en die koninkryk kom

veral na vore in Romeine 13:1-7.

In Romeine 13:1 gee Paulus die

universele opdrag dat alle men se

hulleself moet onderwerp aan die

owerheid.

Hierdie opdrag tot onderwerping

kan nie in ’n absolu te sin verstaan word

as geldend vir alle omstandighede

nie. Paulus kwalifi seer die aard van

die onder wer ping in vers 1b en vers

3. In vers 1b beskryf Paulus aardse

gesag as ’n instelling van God. Daardeur

relativeer hy alreeds alle aardse

gesag, omdat geen mens God se

gesag vir homself kan toe-eien nie.

In vers 3 kwalifi seer Paulus die onderwerping

verder as die doen van

goeie werke. Onderworpenheid aan

die owerheid is ’n vorm van die doen

van goeie werke en is ’n onmisbare

deel van die dankbaarheidslewe

van die gelowige. Gelowiges moet

hulleself vrywilliglik aan die owerhede

onderwerp uit eerbied vir God

(Rom. 13:1; 1 Pet. 2:16, 17), ter

wille van ’n goeie gewete voor God

(Rom. 13:5) en ter wille van God

self (1 Pet. 2:13).

Konkrete vorme van gehoorsaamheid

bestaan uit die betaal van belastings

(Rom. 13:6), eer (Tit. 3:8)

en respek aan die owerheid (1 Pet.

3:17).

Die noue verband tussen onderwer

ping en goeie werke impliseer

egter dat die gelowige homself nie

kan onderwerp aan gesag wat slegte

werke vereis nie. In Handelinge

5:29 word gehoorsaamheid aan God

prioriteit gegee bo gehoorsaamheid

aan die owerheid. In die Johannese

geskrifte word ’n situasie beskryf

waar die kerk die owerheid nie meer

kan gehoorsaam nie. Dit gebeur

wanneer die owerheid ’n agent van

die bose word (Joh. 17:16, 18:36;

Openb. 13:1-10).

Ongehoorsaamheid aan die owerheid

is egter die uitsondering op die

reël en kan alleen in uitsonderlike

ge valle toegepas word. In Romeine

13 stel Paulus dit duidelik dat die

owerheid ’n dienaar van God is.

Die koms van die koninkryk na die

aarde maak die owerheid nie oorbodig

nie. Juis omdat die koms van

die koninkryk in die teken van die

“nog nie” staan, gebruik God die

owerheid om die kwaad teë te hou.

Daarom verwerp Paulus in Romeine

12 DIE KERKBLAD Junie 2011